U-107 was 'n Duitse IXB tipe duikboot tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Onderdeel van | 2nd U-boat Flotilla |
---|---|
Vaartuig klas | Type IXB submarine |
Gebruik | onderwys, emergency operations |
Konflik | Tweede Wêreldoorlog |
Operateur | Kriegsmarine |
Crew member(s) | Günter Hessler |
Vervaardiger | AG Weser |
Ligging van vervaardiging | Bremen |
Commanded by | Günter Hessler, Harald Gelhaus, Karl-Heinz Fritz |
Vlagstaat | Nazi-Duitsland |
Teken nommer | U 107 |
Skipnommer | 970 |
U 107 is in diens gestel gedurende Oktober 1940, en het hoofsaaklik diens gedoen in die noord-Atlantiese Oseaan en somtyds in die omgewing van Freetown. Hy het 38 skepe met 'n gesamentlike tonnemaat van 217 751 ton gesink, maar is self uiteindelik in Augustus 1944 deur 'n Short Sunderland vlieënde boot met dieptebomme gekelder.
Dié tipe duikboot was 251 voet lank en toegerus met vier 21-duim torpedobuise in die boeg en twee in die agterkant. Die tipe kon twee-en-twintig torpedo's dra en het genoeg diesel gedra om 'n tog van 8 700 myl te verseker. Die duikbote het 1 051 ton water verplaas wanneer op die oppervlak, was ook toegerus met een 4,1-duim kanon en twee lugafweermasjiengewere van 37 mm en 20 mm.
Die duikboot was aangedryf deur twee diesel-elektriese enjins van 4 400/1 000 perdekrag wat snelhede van 18,5 knope (op die oppervlak) en 7,25 knope (onder die water) kon verseker.
Hierdie klas het altesaam 1,4 miljoen ton se skepe gesink, een tiende van alle skepe gesink deur U-bote.
U is die Duitse afkorting vir Untersee Boten.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article U-107 (Kriegsmarine), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.