Die Twickenham-stadion (ook bekend as slegs Twickenham of Twickers) is 'n stadion wat in Twickenham in Londen, Engeland, geleë is.
Twickenham-stadion | ||
Lugfoto van die Twickenham-stadion | ||
Bynaam | Billy Williams' Cabbage Patch The Cabbage Patch Twickers Headquarters HQ | |
---|---|---|
Ligging | Whitton Road, Twickenham, Londen, Engeland, TW2 7BA | |
Koördinate | 51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W | |
Eienaar | Rugbyvoetbalunie | |
Kapasiteit | 82 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1907 | |
Geopen | 2 Oktober 1909 | |
Renovasie | 1972, 1974, 1977, 1984, 1989, 1995 | |
Argitek | Ward McHugh Associates | |
Huurders | ||
Engelse nasionale rugbyspan |
Twickenham is die grootste rugbystadion in die Verenigde Koninkryk en is onlangs tot 82 000 sitplekke vergroot. Dit maak Twickenham die tweede grootste stadion in die Verenigde Koninkryk, net na Wembley-stadion, en die vierde grootste stadion in Europa.
Die stadion word as die ikoon van Engelse rugby beskou en word meestal slegs vir rugbywedstryde ingespan. Konserte deur Iron Maiden, Bon Jovi, Genesis, U2, The Rolling Stones, The Police, Eagles en R.E.M. is ook al hier aangebied. Die Twickenham-stadion word ook jaarliks vir die Jehovah se Getuies se saamtrekke gebruik.
Jaar | Wedstryd | Span | Telling | Span 2 | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
1991 | Poel A | Engeland | 12–18 | Nieu-Seeland | 57 000 |
Engeland | 36–6 | Italië | 30 000 | ||
Engeland | 37–9 | Verenigde State | 45 000 | ||
Eindstryd | Engeland | 6–12 | Australië | 56 208 | |
1999 | Poel B | Engeland | 67–7 | Italië | 73 470 |
Engeland | 16–30 | Nieu-Seeland | 72 000 | ||
Engeland | 101–10 | Tonga | 72 485 | ||
Kwarteindstryd uitspeelronde | Engeland | 45–24 | Fidji | 55 000 | |
Halfeindstryd | Australië | 27–21 | Suid-Afrika | 72 000 | |
Frankryk | 43–31 | Nieu-Seeland | 70 000 | ||
2015 | Poel A | Engeland | 35–11 | Fidji | 80 015 |
Engeland | 25–28 | Wallis | 81 129 | ||
Engeland | 13–33 | Australië | 81 010 | ||
Australië | 15–6 | Wallis | 80 863 | ||
Poel D | Frankryk | 32–10 | Italië | 76 232 | |
Kwarteindstryd | Suid-Afrika | 23–19 | Wallis | 79 572 | |
Australië | 35–34 | Skotland | 77 110 | ||
Halfeindstryd | Suid-Afrika | 18–20 | Nieu-Seeland | 80 090 | |
Argentinië | 15–29 | Australië | 80 025 | ||
Eindstryd | Nieu-Seeland | 34–17 | Australië | 80 125 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Twickenham-stadion, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.