Tweevlerkiges

Tweevlerkiges (Diptera) is 'n orde van insekte waaraan alle vlieë (Brachycera) en muggies (Nematocera) behoort.

Die naam Diptera is van Grieks afgelei: di = twee, en ptera = vlerke.

Diptera
Tweevlerkiges
Verskillende soorte tweevlerkiges
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Mandibulata
Klas:
Subklas:
Pterygota
Infraklas:
Neoptera
Superorde:
Endopterygota
Orde:
Diptera

Subordes

Tweevlerkiges kom wêreldwyd voor en word deur honderdduisende spesies verteenwoordig, wat in verskillende vorme voorkom en 'n breë spektrum van lewenswyses dek. Vlieë (Brachycera) en muggies (Nematocera) is soms moeilik uitkenbaar, omdat muggieagtige (fyn) vlieë baie soos vliegagtige (grofgeboude) muggies lyk.

Tweevlerkiges
'n Vlieg
Tweevlerkiges
'n Langpoot-muggie

Alle ander ordes van insekte (behalwe die baie klein orde van Strepsiptera) het nul of vier vlerke. Die tweede paar vlerke van tweevlerkiges is tot halters gewysig. Halters is klein, soms knotsvormige orgaantjies agter die vlerke wat veral maklik by langpoot-muggies waargeneem kan word. Net soos ander insekte het die tweevlerkiges een paar pote per borssegment, wat beteken dat hulle ses pote het.

Die tweevlerkiges is een van die suksesvolste ordes van insekte; ongeveer 160 000 spesies is al beskryf. Hulle is dikwels goeie vlieërs met 'n kort lewensduur. Hulle ondergaan 'n volledige gedaanteverwisseling: die larwes wat uit die eiers broei is dikwels pootloos en wurmagtig. Vlieglarwes word maaiers genoem.

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TemperatuurMantisInstagramWilna SnymanDuitslandJudaïsmeSuid-SothoSamestellingEienaamRina HugoTikTokDoopAnale kankerSpysverteringstelselFinale OplossingOligopolieDierGroot TrekKarooWikipediaTaalSteenkoolChristiaan Frederik BeyersAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidWater (molekuul)BesnydenisVakbondAngina pectorisWêreld- Ekonomiese ForumJagluiperdLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsNatuurlike hulpbronInfeksieKindermishandelingJaco JacobsKonsentrasiekampDepressie (gemoedstoestand)AmateurradioSpinnekopElektrodeWebwerfSwartbewussynsbewegingViëtnamDroomGroot-VisrivierAngolaNavorsingSatellietMusiekNetbalYslandLeierskapVaginale kankerAfro-AmerikanersSelfmoordEjakulasieEk is 'n Afrikaan (toespraak)BeeldspraakVeelvoudige sinSlangMuskeljaatkatMenseregtedagProteïenKoos BekkerOnderwerp (taalkunde)HamburgerPablo PicassoLys van Afrikaanse televisiereekseVeerTurkyeKasteel die Goeie HoopKoperAardverwarmingVolhoubare ontwikkelingEskom🡆 More