Tweekleur-Tobie

Die Tweekleurtobie (Canthigaster smithae) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese en Stille Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal.

In Engels staan die vis bekend as die Bicoulored toby.

Tweekleurtobie
Tweekleur-Tobie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Canthigaster
Spesie:
C. smithae
Binomiale naam
Canthigaster smithae
Allen & Randall, 1977

Identifikasie

Die vis word tot 13 cm lank. Die vis se rug is bruin en dit is wit aan die onderkant. Daar is 'n bruin tot geel streep vanaf die ken tot die onderste gedeelte van die stertvin se basis. Daar is ook 'n korter geel streep oor die boonste gedeelte van die rug. Die iris is geel met blou strepies wat uitstraal vanaf die oë. Die onderste gedeelte van die lyf is bedek met klein, blou spikkels. Die stertvin se rant is donker.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 15 tot 40 m diep is. Hulle bly gewoonlik by die basis en die hellings van die riwwe. Die vis is alleenlopers en vreet alge en 'n verskeidenheid hardedopongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

Tags:

Tweekleur-Tobie IdentifikasieTweekleur-Tobie Sien ookTweekleur-Tobie BronTweekleur-Tobie Eksterne skakelTweekleur-Tobie VerwysingsTweekleur-Tobie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SigaretAngina pectorisRoekelose DadeDiepaartromboseVerenigde KoninkrykApartheidEkostelselOos-KaapPalmsondagKewerSpelerposisies in rugbyHeupvervangingGrysstofTurkyeHelm (geboorte)BynierWiskundeLiefdeChristeneNasiebouVolksrepubliek ChinaMartin BesterPenisErnst Otto FischerGhanaSmall HandsSuid-AfrikaHerpes simplexIngrid JonkerHoofstadRolprentMasturbasieHannes van WykGeorgiese nasionale rugbyspanNierversakingNoord-KaapNarsismeTuberkuloseSesnasies-toernooiJagluiperd2024 Japannese Grand PrixAngssteuringRenteRegardt van den BerghTikTokLongontstekingSteve BikoWeer (meteorologie)Kappie (skryfteken)PenisverlengingSelfmoordProvinsies van Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSpysverteringstelselStaat PalestinaOu Apostoliese KerkE-posNederduitse Gereformeerde KerkLys van politieke partye in Suid-AfrikaRacheltjie de BeerPersentasieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGoeie VrydagFritz HaberRugbywêreldbeker 1991PersoonlikheidOsoonlaagEthiopiëJapanVier temperamente🡆 More