Die Twee Oseane-maraton word jaarliks op die Kaapse Skiereiland in Suid-Afrika oor 'n afstand van 56 km gehardloop, wat dit as 'n ultramaraton klassifiseer.
Volgens die organiseerders van die wedloop is dit die "wêreld se mooiste maraton", met inderdaad uitstekende natuurskoonheid vir die atlete. Die wedloop vind gewoonlik jaarliks plaas op die Saterdag van die Paasnaweek.
Die maraton begin in Nuweland, Kaapstad en volg min of meer 'n sirkelvormige roete deur Muizenberg, Vishoek, oor Chapmanspiek en Constantianek, om uiteindelik op die kampus van die Universiteit van Kaapstad te eindig.
Net so 'n uitdagende en baie gewilde halfmaraton van 21 km lank, word ook gehou op dieselfde dag as die ultramaraton. In 2006 het die organiseerders van die maraton hul sorg uitgespreek oor die toename in die getal atlete wat nie betyds hul toegewysde wegspringkampies kon vind of bereik vir hul betrokke wedloop nie. Daar is 'n voorstel om slegs die ultramaraton op die aangewese dag te hou, en die halfmaraton te verskuif na die volgende dag. Op die dag vantevore (die Vrydag) vind daar pretrenne plaas: 'n 56 meter-lange doekiedraffie (Eng. nappy dash) vir deelnemers jonger as drie jaar, en 'n 2,5 km-, 5 km-, en 8 km-wedloop wat gestap of gedraf kan word; asook 'n voorwedloop van die maraton vir diegene wat dit nie op die Saterdag kan doen nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Twee Oseane-maraton, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.