Turkse Van

Die Turkse van (Turks: Van kedisi) is ’n katras met halflang hare wat, anders as ander huiskatte, lief is vir water en swem.

Turkse van
’n Turkse van met ’n skilpaddoppatroon.
’n Turkse van met ’n skilpaddoppatroon.
Alternatiewe naam  Turkse kat
Armeense kat
Land  Turkye
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Halflank
Patroon  Van
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Die ras is buite Turkye ontwikkel uit ’n hoofsaaklik wit natuurlike ras, die vankat wat voorkom in die Vanmeer-gebied in Suidoos-Turkye (voorheen deel van Armenië). Dit is aanvanklik in die Weste die Turkse kat genoem, maar die naam is verander om dit te onderskei van die Turkse angora, wat sy oorsprong in die Ankara-streek (voorheen Angora) het. Dit word ook soms die Armeense kat genoem. Sommige verenigings, soos The International Cat Association (TICA), beskou die Turkse van en Turkse angora as een ras.

Beskrywing

Turkse Van 
’n Tradiosioneel rooi Turkse van.
Turkse Van 
Die ringpatroon aan die stert.

Die kat het tradisioneel ’n krytwit lyf met rooi aan die stert en kop – die "van-patroon" – met blou, amberkleurige of ’n onpaar oë (een blou en een amberkleurig). Ander pelskleure wat deesdae erken word, is room, swart, blou, gestreep, skilpaddop en verskeie kombinasies daarvan. Die kleur mag net aan die stert en kop voorkom. Lukrake vlekke mag aan die lyf voorkom, maar die hele kleurgedeelte mag nie meer as 20% van die lyf wees nie en geen merke mag aan die bene voorkom nie. Die res van die lyf is krytwit.

In Turkye word tans net die effekleurige wit kat met kort of lang hare erken.

Die pels is baie besonders. Die groot verskille in die winter- en somertemperatuur in die bergagtige Oos-Anatolië het waarskynlik die eienskappe daarvan beïnvloed. Die Vanmeer-gebied is 1 600 m bo seespieël en het uiterste temperature. Die kat se halflang, waterbestande pels is dik en sag in die winter. In die lente en somer verhaar die kat en bly ’n korter, ewe sagte pels agter. Die hare aan die stert bly dwarsdeur die jaar lank en wollerig. Hul hare is minder allergenies as die meeste ander katte s’n.

Die kat is groot, die skouers breed en die lyf taamlik lank, en die agterpote is effens langer as die voorpote. Die agterlyf moenie breër as die skouers wees nie. Die Turkse van is intelligent, spelerig en liefdevol. Anders as ander katte is hulle lief vir water en om te swem.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Turkse Van GeskiedenisTurkse Van BeskrywingTurkse Van Sien ookTurkse Van VerwysingsTurkse Van Eksterne skakelsTurkse VanLys van katrasseTurks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkoueOekraïneLys van bekende Suid-AfrikanersRooibokBeroertePolisieGriepApartheidAfrikaanse WikipediaVolumeNierversakingVleesbaaiLika BerningPinksterPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNuwe TestamentJagluiperdSmaakEierleierLys van nedersettings in Suid-AfrikaMediaWikiSatireKoppeltekenGeelsugSuid-Afrikaanse WeermagRussiesTolla van der MerweHoofpynDemensieFamilie (verwantskap)Aarde se atmosfeerLys van Joodse feeste en herdenkingsChristeneWayde van NiekerkSlag van Cuito CuanavaleMaagJohannes VermeerDikdermKleinkolmuskeljaatkatHadjLiesbreukThabo MbekiKankerPeach van PletzenEkonomie van Suid-AfrikaVerenigde KoninkrykBakteriePankreasLys van kinderspeletjiesPlantSiberiëCyril RamaphosaLuiperdMarie PentzJohannesburgGianna MichaelsWaldimar PelserGeurmiddelLys van elemente volgens simboolNelson MandelaJo BlackAfrikaanse taalleerPubiese hareWes-KaapKoolhidraatSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989AlfabetCVermaakPaasfeesSowjetunieVier temperamente🡆 More