Turks- En Caicoseilande

Die Turks- en Caicoseilande (Engels: Turks and Caicos Islands) is 'n argipel in die Atlantiese Oseaan en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in Noord-Amerika.

Die eilande het 'n bevolking van 44 542 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 948 km². Die eilande bestaan uit die Caicos- en die Turkseilande. Die Turks- en Caicoseilande lê in die ooste van die Bahamas en in die noorde van Hispaniola (Haïti en Dominikaanse Republiek). Die hoofstad is Cockburn Town en die grootste stad is Providenciales.

Turks- en Caicoseilande
Turks and Caicos Islands (Engels)
Vlag van die Turks- en Caicoseilande Wapen van die Turks- en Caicoseilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Beautiful By Nature
(Engels vir: "Pragtig van Nature")
Volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")

Nasionale lied: This Land of Ours
(Engels vir: "Hierdie land van ons")
Ligging van die Turks- en Caicoseilande
Hoofstad Cockburn Town

21°28′N 71°8′W / 21.467°N 71.133°W / 21.467; -71.133

Grootste stad Providenciales
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur
• Adjunkgoewerneur
Eerste Minister
• Verantwoordelike
Britse ministera
Parlementêre afhanklikheid
onder ’n grondwetlike monargie
Charles III
Nigel Dakin
Anya Williams
Washington Misick

James Cleverly
Onafhanklikheid
Stigting
Vrede van Parys
• Wes-Indiese Federasie
• Afsonderlike kolonie
• Huidige grondwet

Britse oorsese gebied
3 September 1783
3 Januarie 1958
31 Mei 1962
15 Oktober 2012
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
948 km2  (185ste)
366 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
44 542 (215de)
31 458
47 / km2
121,7 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita

$924 583 000

Geldeenheid Amerikaanse dollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
OST (UTC-5)
ODT (UTC-4)
Internet-TLD .tc
Skakelkode +1-649
a. Vir al die Britse oorsese gebiede
Turks- En Caicoseilande
Nasa-Satellietbeeld van die Turks- en Caicoseilande
Turks- En Caicoseilande
Kaart van die Turks- en Caicoseilande

Die Turks- en Caicoseilande is oor eeue heen deur inheemse Amerikaanse volke bewoon. Die eilandgroep is in 1512 vir Europa ontdek. Gedurende die volgende eeue is die eilandgroep deur verskeie Europese magte opgeëis, en die Britse Ryk het uiteindelik beheer oorgeneem. Oor baie jare heen is die eilandgroep indirek vanaf Bermuda, Bahamas en later Jamaika bestuur. Toe die Bahamas in 1973 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword het, het die Turks- en Caicoseilande hul eie goewerneur gekry en is sedertdien 'n Britse kolonie op sy eie reg. Daar was al pogings om die Turks- en Caicoseilande by Kanada in te lyf.

Etimologie

Die Turks- en Caicoseilande is na die inheemse Turk se troetelkaktus (Melocactus intortus) en die Lucayaanse naam caya hico vir 'n eilandketting genoem.

Hoofeilande

Naam Oppervlakte
(km²)
Bevolking
(2008)
Bevolkingsdigtheid
Caicoseilande 589 km² 26 584 45,13/vk km
Turkseilande 24 km² 5 800 241,67/vk km

Sport

Krieket is die gewildste sportsoort van die Turks- en Caicoseilande en word as nasionale sport beskou. Die Turks- en Caicoseilande vorm nie deel van die Wes-Indiese Krieketraad nie en vervolgens kan krieketspelers van dié eilandnasie nie vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf nie. Ander gewilde sportsoorte sluit in hengel, seil en sokker.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels


Turks- En Caicoseilande  Verenigde Koninkryk Turks- En Caicoseilande 
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië

Tags:

Turks- En Caicoseilande EtimologieTurks- En Caicoseilande HoofeilandeTurks- En Caicoseilande SportTurks- En Caicoseilande VerwysingsTurks- En Caicoseilande BronnelysTurks- En Caicoseilande Eksterne skakelsTurks- En CaicoseilandeArgipelAtlantiese OseaanBahamasBritse oorsese gebiedeCockburn TownDominikaanse RepubliekEngelsHaïtiHispaniolaHoofstadNoord-AmerikaVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige intelligensieGrondwetHindoeïsmeBruin menseWinnie Madikizela-MandelaJodeOmgewingsbeheerWhatsAppPenisKrugerwildtuinHernubare energieTermiese geleidingsvermoëNeerslagDiamantHemelvaartsdagRenaissanceGeboorteVryheidsdagKlimaatveranderingJohannes MeintjesVoornaamwoordMaatskappyDroomGestremdheidStilleweLabia (geslagsdele)SkuinsstreepGriekwa-AfrikaansRymMisdaadromanDokterNatuurlike hulpbronIntensiewe vormNiemetaalTandbederfKaaps-Hollandse stylDoelwitLys van politieke partye in Suid-AfrikaBeesVaste stofLetterlike en figuurlike taalgebruikSiya KolisiGenitale vratLugbesoedelingAfvalbestuurMusieksimboleKonjunktivitisMuskietSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Anglo-BoereoorlogVoegwoordDansAppel (sanger)Lys van musiekinstrumenteKlem-in-die-kaakGrondGeelhoutHigiëneSpinnekopSkoenlapperYstertydperkLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaCalviniaWesterse filosofieBlomWiki CommonsAfkortingPornografieAfrikaanse WikipediaSpringbokkeSleutel (musiek)Mosambiek🡆 More