Turkanameer

Die Turkanameer (Engels: Lake Turkana) is in die noorde van Kenia en was voorheen bekend as die Rudolfmeer.

Turkanameer
Turkanameer
Satellietbeeld van die Turkanameer
Turkanameer
Ligging van die Turkanameer
Koördinate:3°35′N 36°7′O / 3.583°N 36.117°O / 3.583; 36.117 36°7′O / 3.583°N 36.117°O / 3.583; 36.117
Ligging:Ethiopië, Kenia
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:6 405 km² (2 473 myl²)
Gemiddelde diepte:30,2 m (99 vt)
Maksimum diepte:109 m (358 vt)
Volume:203,6 km³ (165 vt)
Lengte:290 km
Breedte:32 km (20 myl)
Opvangsgebied:130 860 km² (50 530 myl²)
Uitvloei:Omorivier, Turkwel, Kerio
Eiland/e:Noord-Eiland, Sentraal-Eiland, Suid-Eiland (vulkanies)
Nedersettings:El Molo, Loyangalani, Kalokol, Eliye Springs, Ileret, Fort Banya.

Die meer is 290 km lank en 32 km wyd. Dit is die grootste meer in 'n woestyn in die wêreld en is deel van die Groot Mere van Afrika en die Groot Skeurvallei. Dit het geen uitvloei nie en verloor water slegs deur verdamping. Die noordelike punt van die meer is in Ethiopië. Die Omorivier mond uit in die meer.

Turkanameer
Kaart van die Groot Mere van Afrika:
Albertmeer (Lake Albert)
Edwardmeer (Lake Edward)
Kivumeer (Lake Kivu)
Kyogameer (Lake Kyoga)
Malawimeer (Lake Malawi)
Mwerumeer (Lake Mweru)
Rukwameer (Lake Rukwa)
Tanganjikameer (Lake Tanganyika)
Turkanameer (Lake Turkana)
Victoriameer (Lake Victoria)
Turkanameer
’n Rekonstruksie van die Turkana-seun se gesig.

Antropologie

Sowat 2 tot 3 miljoen jaar gelede was die meer groter en die gebied vrugbaarder, en was dit ’n woonplek van vroeë hominiede. Die paleoantropoloog en omgewingsbewaarder Richard Leakey was aan die hoof van verskeie uitgrawings in die gebied en talle belangrike vondste van Hominini-oorblyfsels is hier gedoen. Die 2 miljoen jaar oue skedel KNM ER 1470 is in 1972 hier gevind. Die naam Homo rudolfensis is in 1986 deur V.P. Alexeev voorgestel daarvoor – dit is afgelei van die ou naam, Rudolfmeer.

In 1984 is die Turkana-seun, ’n feitlik volledige skelet van Homo ergaster, ook hier ontdek en in 1999 die 3,5 miljoen jaar oue skedel Kenyanthropus platyops, wat beteken "die Platgesigmens van Kenia".

Bron

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansTurkanameer  Wiki Commons het meer media in die kategorie Turkanameer.
  • (en) "Lake Rudolf". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 November 2023.

Tags:

EngelsEthiopiëGroot Mere van AfrikaGroot SkeurvalleiKeniaOmorivierVerdampingWoestyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraCholeraSteenkoolAtoomDrakensbergeAarde se atmosfeerGemeenskapElon MuskOos-Kaap1990OntbossingSelfkonsepAssonansieFeminismeWoordsoortKoolstofdioksiedVerenigde State van AmerikaOmgewingsbeheerRelatiwiteitsteorieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyApostoliese GeloofsbelydenisDansEugenetikaHigiëneInfeksieSeegolfGevolge van aardverwarming op oseaneIngenieursweseGeskiedenis van AfrikaansNamakwalandGeweldDistrik SesBiodiversiteit7de LaanPuberteitMantisRomanMeeueGroepsgebiedewetInsekNasiebouVoornaamwoordRenaissanceBoomslangSpringbokVrymesselaryStudievaardighedeApartheidWithaaiLiefdeVerlede tydTermiese geleidingsvermoëNatuurlike hulpbronEuropaDieregeluideKankerWikimedia-stigtingSeekoeiDemografie van Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigRefentse MorakeKriekKlimaatveranderingFotosinteseFisiese oefeningHartseerKunsmatige intelligensieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGenitale vratPubiese hareAtmosfeerAfrikanerweerstandsbewegingBek-en-klouseerKorrupsie🡆 More