Turkana-Seun

Die Turkana-seun, ook soms die Nariokotome-seun genoem, is die algemene naam van die fossiel KNM-WT 15000, ’n byna volledige skelet van ’n hominied wat in die vroeë Pleistoseen geleef het.

Turkana-seun
'n Beeld van die fossiel.

Algemene naam Turkana-seun
Katalogusnommer KNM-WT 15000
Spesie Voorlopig Homo ergaster
Ouderdom 1,6 miljoen
Plek ontdek Turkanameer, Kenia
Datum ontdek 1984
Ontdek deur Kamoya Kimeu/
Richard Leakey

Dit is die volledigste vroeë menslike skelet wat nog ontdek is – dit is 1,5 miljoen jaar oud. Hy was tussen 712 en 15 jaar toe hy dood is. Die jongste studie meen hy was 8 jaar oud.

Die skelet is in 1984 ontdek deur Kamoya Kimeu, ’n lid van die paleoantropoloog Richard Leakey se span, naby die Turkanameer in Kenia.

Adolessensie en volwassenheid

Die vorm van die pelvis dui aan dat die skelet dié van ’n man was. Die raming van sy ouderdom toe hy dood is, hang af van of die volwassenheidstadium van sy tande of skelet gebruik word, en of sy volwassewording vergelyk word met dié van moderne mense of sjimpansees. Terwyl aanvanklike navorsing daarop gedui het dat hy op dieselfde manier as mense gegroei het, het meer onlangse studies van ander fossiele aangedui dat dit verskil het. Dit raak nie net die raming van sy ouderdom nie, maar ook of hy ’n seun of ’n volwassene was.

Morfologie

Turkana-Seun 
’n Rekonstruksie van die Turkana-seun.

Die fossiele bestaan uit 108 bene en dit is dus die volledigste vroeë menslike skelet wat nog ontdek is. Dit is sowat 1,6 m lank. As ’n volwassene sou die Turkana-seun moontlik 1,85 m lank geword en 68 kg geweeg het. Die pelvis is nouer as in Homo sapiens, wat moontlik daarop dui dat hulle op twee bene op die grond geloop het, anders as by ander hominiedspesies, wat op twee bene geloop én boom geklim het.

Die KNM-WT 15000-skelet in sy geheel het verskeie eienskappe wat nie by die mens voorkom nie, soos ’n lae voorkop, groot oogbanke en die afwesigheid van ’n ken, maar daar is genoeg eienskappe wat ooreenstem, soos ’n groter breingrootte (880 cm3). Die arms en bene was effens langer en die neus lyk meer soos mense s’n as soos die plat neuse van ape. Die liggaamshare was dalk ook dunner (hy was dalk haarloos) en hy het moontlik vergrote sweetkliere gehad om doeltreffender af te koel. Die vel was ook dalk donkerder as die mens s’n met baie melanien, wat nodig was in die helder, tropiese son van die Afrika-savanne.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Turkana-Seun Adolessensie en volwassenheidTurkana-Seun MorfologieTurkana-Seun VerwysingsTurkana-Seun BronneTurkana-Seun Eksterne skakelsTurkana-SeunFossielHominiedPleistoseen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KwaZulu-NatalPersAborsie in Suid-AfrikaOrgasmeLys van Griekse mitologiese figureWiskundige terminologieGewone breukeMetaalVars waterHindoeïsmeIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieSkilpadE-posDramaOntdekking van goud in Suid-AfrikaSwawelEnkelvoudige sinLien se lankstaanskoeneKlimaatWaarheid-en-versoeningskommissieGlasNasionalismeEkonomie van Suid-AfrikaSkuinsstreepCristiano RonaldoPrimêre sektor van die ekonomieEreksieMagsverheffingSuikersiekteHelpmekaar-kollege2001Johannes HahnNuwe TestamentVryheid van spraakGrondsoorteProstaatkankerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994TydUniegebouWetenskaplike metodeGedigWet op Bantoe-onderwysWolfOlimpiese Somerspele 2024Liewe HeksieMusieksimboleAsiëNasiebouGoogleYsterSowjetunieDansKankerGroot TrekSitrusSlaginstrumentLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWet op Verbod van Gemengde HuwelikeSportGemeenskapsorganisasieJakkalsWes-KaapMisdaadLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPussy RiotSinkGroepsgebiedewetHemelvaartsdagFiela se kindManie LibbokYstervarkLyfstraf in skoleElandréGalblaas🡆 More