Tupac Shakur

Tupac Amaru Shakur (16 Junie 1971 – 13 September 1996), onder sy verhoognaam bekend as 2Pac (of eenvoudig Pac) en Makaveli, was 'n Amerikaanse kletskunstenaar.

Meer as 75 miljoen van Shakur se plate is al wêreldwyd verkoop, wat hom een van die kommersieel suksesvolste musiekkunstenaars ter wêreld maak. Rolling Stone Magazine het hom as die 86ste Grootsste Kunstenaars van Alle Tye benoem.

Tupac Shakur
Tupac Shakur
Tupac-graffiti in New York
Agtergrondinligting
GeboortenaamTupac Amaru Shakur
Ook bekend as2Pac, Pac, Makaveli, MC New York
Gebore16 Junie 1971
New York Stad, New York (VSA)
OorsprongMarin City, Kalifornië
Sterf13 September 1996 (op 25)
Las Vegas, Nevada (VSA)
GenresHip hop
Beroep(e)Rapper, akteur, rekordprodusent, digter, draaiboekskrywer, aktivis, skrywer
Jare aktief1988-1996
EtiketteDeath Row, Interscope
AssosiasiesOutlawz, Thug Life, Danny Boy, Digital Underground, Dr. Dre, Johnny "J", Ice Cube, Nate Dogg, The Notorious B.I.G., Snoop Dogg
Webwerfwww.2Pac.com
Tupac Shakur
Tupac Shakur

Nie-net was Shakur 'n topverkopende kletskunstenaar nie, want daarbenewens was hy ook akteur en sosiale aktivis. Die meeste van Shakur se lirieke handel oor grootword tussen die geweld en swaarkry in die ghetto's, rassisme, probleme met die samelewing en konflikte met ander kletskunstenaars tydens die Ooskus-Weskus-hiphopwedywer. Shakur was aanvanklik 'n toergesel en agtergronddanser vir die alternatiewe hiphopgroep Digital Underground.

Geweld was 'n tema nie net in sy kuns nie, maar ook in sy lewe. In November 1993 is hy van seksuele aanranding aangekla en is hy gevolglik 'n een-en-'n-half tot vier-en-'n-half jaar tronkstrafvonnis opgelê. Op 7 September 1996 is Shakur in Las Vegas in Nevada geskiet. Hy is na die Universiteit van Nevada se mediese sentrum geneem waar hy aan long- en hartversaking op 13 September oorlede is.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

13 September16 Junie19711996KletsrymVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Duitse maselsByeboerderyJohannes VermeerKoöperasiestoriesAngssteuringWoordeboek van die Afrikaanse TaalVrymesselaryAllergieOntlastingGeslagTeologieLongBosluisFredi NestKameelperdWikimedia-stigtingAntarktikaJodeOos-KaapOnderwys (geskiedenis)WiskundeMasturbasieGeografie van Suid-AfrikaSesnasies-toernooiPaarl GimnasiumMorfologie (taalkunde)DinosourusApostoliese GeloofsbelydenisJohannesburgKriekNagmaalRuslandOnderwysNederlandsSeksposisieMieliestronkDagroofvoëlsWoordDikdermSwartbewussynsbewegingPiet ByleveldFiksiePenisBoeberKasteel die Goeie HoopDerrickRugbywêreldbeker 1987Onse VaderAarde se atmosfeerApartheidVermaakRooikatEekhoringEjakulasieGewone tarentaalRugbywêreldbeker 2023NamakwalandAgter Elke ManAardbewingPieter BiewengaAasblomPenisverlengingDesiré GardnerRolprentTikTokIerse nasionale rugbyspanAnglo-BoereoorlogPersentasiePornografieJerusalemFamilie (verwantskap)Anilingus🡆 More