Tulp: Blomme van die spesie Tulipa

Tulpe is meerjarige, bolagtige plante met mooi, helder blomme in die genus Tulipa.

Daar is sowat 75 wilde spesies, wat tot die familie Liliaceae behoort.

Tulp
Tulp: Eienskappe, Blomdiagram, Siektes
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Lilioideae
Genus:
Tulipa

L., (1753)
Spesies
Sien teks

Die streke waar die plant natuurlik voorkom, is die Iberiese Skiereiland, deur Noord-Afrika tot Griekeland, die Balkan, Turkye, deur die Levant (Sirië, Israel, Palestina, Libanon, Jordanië) en Iran, noord tot Oekraïne, Suid-Siberië en Mongolië, en oos tot Noordwes-China.

Verskeie spesies en talle hibridiese kultivars word in tuine, potte en as snyblomme gekweek.

Eienskappe

Tulp: Eienskappe, Blomdiagram, Siektes 
’n Tulp se meeldraad met stuifmeel aan.

Tulpe blom in die lente en groei van bolle. Na gelang van die spesie, kan hulle tussen 10 en 71 cm hoog wees. Die groot blomme groei aan ’n bloeistingel met blare in ’n rosetvorm by die basis en ’n enkele bloeisteel wat tussen die blare uitgroei. Die stingels het min blare. Plante het gewoonlik twee tot ses blare, terwyl sommige spesies tot 12 kan hê. Die blare het ’n wasagtige laag en is dikwels blougroen.

Die meeste tulpplante het net een blom per stingel, maar ’n paar spesies het meer as een. Die gewoonlik kelk- of stervormige blom het drie kroonblare en drie kelkblare, wat dikwels blomdekblare genoem word omdat hulle feitlik identies is. Hierdie ses blomdekblare is dikwels donkerder gekleur aan die binnekant naby die basis. Die blomme kan talle kleure wees, behalwe suiwer blou (verskeie tulpe wat "blou" in die naam het, het ’n effens perserige skakering).

Die blomme het ses afsonderlike meeldrade met helmdrade wat korter as die blomdekblare is. Elke stempel het drie afsonderlike lobbe, en die vrugbeginsel is bostandig met drie kamers. Die vrug is ’n ellipsoïdale kapsel (saaddoos) met ’n leeragtige bedekking. Elke kapsel bevat verskeie plat sade in twee rye.

Blomdiagram

Siektes

Tulp: Eienskappe, Blomdiagram, Siektes 
Die gestreepte blomme wat deur ’n virus veroorsaak word.

Botrytis tulipae is ’n swamsiekte wat tulpe aantas en die plant eindelik laat vrot. Verskeie ander swamsiektes kan ook voorkom.

Blomme met veeragtig gestreepte kleure wat voorheen gewild was, word veroorsaak deur ’n mosaïekvirus wat deur ’n plantluis oorgedra word. Hoewel dit die blomme mooi laat lyk, verswak dit ook die plant. Sulke plante moet vernietig word. Vandag is dié virus feitlik uitgewis. Moderne veelkleurige blomme is die gevolg van doelbewuste verbastering en het soliede strepe, nie veeragtige kleure nie.

Tuinbouklassifikasie

Tulp: Eienskappe, Blomdiagram, Siektes 
'Yonina' is ’n divisie 6-kultivar.
Tulp: Eienskappe, Blomdiagram, Siektes 
'Flaming Parrot' is ’n divisie 10-kultivar.

In tuinbou word tulpe in 15 groepe (divisies) verdeel, hoofsaaklik na gelang van hul vorm en grootte.

  • Div. 1: Enkel-vroeg – met kelkvormige enkelblomme, nie groter as 8 cm breed nie. Blom vroeg- tot middelseisoen. Sowat 15 tot 45 cm hoog.
  • Div. 2: Dubbel-vroeg – met volle dubbelblomme, bakvormig en sowat 8 cm breed. Plante sowat 30–40 cm hoog.
  • Div. 3: Triomf – kelkvormige enkelblomme tot 6 cm breed. Plante 35–60 cm hoog en blom middel- tot laatseisoen.
  • Div. 4: Darwin-hibried – ovaalvormige enkelblom tot 8 cm breed. Plante 50–70 cm hoog en blom middel- tot laatseisoen.
  • Div. 5: Enkel-laat – kelkvormig blomme tot 8 cm breed, sommige het meer as een blom aan ’n stingel. Plante 45–75 cm hoog en blom laatseisoen.
  • Div. 6: Lelieblommig – die blomme het ’n besonderse nou "middel" met gepunte kroonblare.
  • Div. 7: Fraiingrig (Crispa)
  • Div. 8: Viridiflora
  • Div. 9: Rembrandt
  • Div. 10: Papegaai
  • Div. 11: Dubbel-laat – Groot, swaar blomme. Plante 45-55 cm hoog.
  • Div. 12: Kaufmanniana – Waterlelie-tulp. Mediumgroot roomgeel blomme met rooi merke buite en geel in die middel. Plante 15 cm hoog.
  • Div. 13: Fosteriana
  • Div. 14: Greigii – Pers blomme 15 cm breed, stingels 25 cm lank. Blare het bruin merke.
  • Div. 15: Wilde spesies
  • Div. 16: Veelblommig – nie ’n amptelike divisie nie; dié tulpe behoort tot die ander 15 divisies, maar word dikwels apart gelys omdat hulle meer as een blom per bol het.

Hulle kan ook geklassifiseer word volgens hul blomtyd:

  • Vroegseisoen: enkel-vroeg, dubbel-vroeg, Greigii, Kaufmanniana, Fosteriana, wilde spesies
  • Middelsiesoen: Darwin-hibried, Triomf, Papegaai
  • Laatseisoen: enkel-laat, dubbel-laat, Viridiflora, lelieblommig, fraiingrig, Rembrandt

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Tulp EienskappeTulp BlomdiagramTulp SiektesTulp TuinbouklassifikasieTulp VerwysingsTulp Eksterne skakelsTulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lika BerningBestuiwingGeslagsregister vanaf Adam tot JesusStilleweErdwurmElektrisiteitsvoorsieningNederlandsLys van medisinale kruieSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieAngina pectorisWaterbesparing in Suid-AfrikaXenofobieNaaldekokerWaar ruwe rotseFrankrykEpilepsieDie GelofteEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaIndiese OseaanVulvaOntbossingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SkilpadSywurmVisInsekSlag van BloedrivierWindkragKatoenGetalWeer (meteorologie)NarsismeOrale seksHerfsGeskiedenis van AfrikaansTradisionele literatuurRuslandNasionale VrouedagWet op NaturellengrondCSSBetonLandbou in Suid-AfrikaKorrupsieApartheidHeuningbyTaylor SwiftISO 3166-2Beenbreuke en ontwrigtingsHeidelberg, GautengJan van TonderWayde van NiekerkSlawernyGroot TrekLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KindersiektesBreingewasKommunismeStres in hoërskoolVolstruisGrootste rampe in Suid-AfrikaBalletRekenaarGalblaasSuikerbekkiesPornografiese akteurReddingskakeJannie du ToitPeach van PletzenAppelNadia ValvekensJaco JacobsKoolstofOnse Vader🡆 More