Trondheim

Trondheim (Noors: , luister (hulp·inligting); Suid-Samies: Tråante; voorheen: Kaupangen, Nidaros en Trondhjem) is die derde grootste stad in Noorweë na Oslo en Bergen met 'n oppervlakte van 321,81 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 660 (31 Desember 2022).

Trondheim lê op 'n skiereiland aan die monding van die Nidelv-rivier in die Trondheimsfjord, sowat 70 kilometer van die oop see af, in die provinsie (fylke) Trøndelag.

Trondheim
Trondheim

Kaart Wapen
Trondheim
Trondheim
Vlag
Trondheim
 Land Vlag van Noorweë Noorweë
 Provinsie (Fylke) Trondheim Trøndelag
 Koördinate 63°26′N 10°24′O / 63.433°N 10.400°O / 63.433; 10.400
 Stigting 997
 Oppervlakte:  
 - Totaal 321,81 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2023) 212 660
 - Bevolkingsdigtheid 660,8/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat (uk.weather.com)  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 5,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -3,0 / 14,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 893 mm
 Burgemeester Kent Ranum (H)
 Amptelike webwerf trondheim.kommune.no

Trondheim is in die jaar 997 deur die Wiking-koning Olav I Tryggvason gestig en het sy bloeitydperk as kroningsstad en belangrikste setel van Noorweë se konings in die Hoë Middeleeue beleef. Tussen 1030 en 1217 was Trondheim ook die hoofstad van Noorweë. As gevolg van pesepidemieë, waaraan twee derdes van die bevolking beswyk het, het Trondheim sy leidende politieke rol in die Laat Middeleeue kwytgeraak, en die stadsgebied het tot 'n klein strepie langs die rivieroewer gekrimp.

Trondheim het nogtans 'n beduidende handelsentrum vir vis en hout gebly. Ná 'n brandramp in 1681 is die stadsentrum deur koning Christiaan V volgens 'n roosterpatroon herbou en van breë strate voorsien. Die koning het Versailles in Frankryk as sy voorbeeld geneem, en sodoende is die strate in Trondheim se middestad straalvormig vanaf die sentrale markplein aangelê.

Naam

Trondheim 
Nidarosdomen, die domkerk van Trondheim, soos gesien vanaf die Elgeseter-brug

Vanweë sy ligging by die monding van die Nidrivier (Noors: Nidelva) het die stad aanvanklik bekend gestaan as Nidaros (letterlik "Stad by die Nidmonding"). By die stigting van die aartsbisdom Nidaros in 1152 het 'n foutiewe vertaling daartoe gelei dat die stad in die Vatikaan as Trundum (Trundensis) gelys is. Hierdie fout is deur Eirik Ivarsson reggestel en sedert 1192 is die stad sowel in Noorweë asook in Rome "Nidaros" genoem. Die naam het later om verskillende redes ongebruiklik geraak, veral aangesien die aartsbiskopsetel in 1537 opgehef is, maar is nog in die 17de en 18de eeu gebruik.

Trondheim(en) was oorsponklik die naam van die agt provinsies in die gebied (die huidige Trøndelag). In die laat Middeleeue is die naam Kaupangen i Trondheimen, wat eintlik na die handelsplek in Trøndelag verwys het, ook as stadsnaam gebruik, en die afkorting Trondheimen het naas Nidaros gebruiklik geword. Tydens die politieke unie met Denemarke is die naam verdeens tot Trondhjem, terwyl die gebied Trondheims len as Trondhjems len bekend gestaan het.

In die periode tussen 1925 en 1930 het die vernoorsing van verskeie plekname die taalkundige nasionalisme ingelui wat in die vroeë 20ste eeu in Noorweë posgevat het en waartydens Noorse name soos Oslo (1925), Halden (1927) en Stavern (1930) ingevoer is. Volgens 'n wet, wat op 14 Junie 1929 afgekondig is, is die naam van Trondhjem op 1 Januarie 1930 amptelik gewysig tot Nidaros, alhoewel tydens 'n vroeëre referendum in 1928 'n meerderheid van 17 163 inwoners teen die wysiging gestem het, terwyl slegs 1 508 kiesers dit goedgekeur het. Die plaaslike bevolking en die stadsraad het gevoel dat hulle met die naamwysiging oorrompel is en protes teen die besluit het nie op hom laat wag nie.

Ná 'n uitputtende naamstryd is die saak opnuut na die Storting, die Noorse parlement, geneem, en uiteindelik is 'n kompromis aangegaan: Volgens 'n wet, wat op 6 Maart 1931 afgekondig is, is die naam Trondheim ingevoer, 'n vernoorste alternatief wat deur Ivar Lykke, 'n plaaslike koopman, minister (1926–1928) en parlementslid (1915–1935) voorgestel is.

Trånnhjæm (-em) is 'n uitspraakvariant van die stadsnaam wat nog dikwels gebruik word, onder meer deur verenigings en sakeondernemings. In Suid-Samies staan Trondheim as Tråante bekend. Trondheim is daarnaas een van min Noorse stede waarvoor vroeër 'n Duitse skryfwyse bestaan het: Drontheim, 'n variant wat ná 1945 ongebruiklik geraak het.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansTrondheim  Wiki Commons het meer media in die kategorie Trondheim.
  • (en) Toerisme-inligting oor Trondheim op Wikivoyage
  • (no) Amptelike webwerf
  • (en) "Trondheim". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Maart 2024.

Tags:

BergenLêer:Trondheim.oggNoorsNoorweëOsloSkiereilandSuid-SamiesTrondheim.oggTrondheimsfjordWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KewerVrymesselaryOrale seksVerlede tydAlliterasieNag van die lang messeProteaAborsieDroogteTatoeëermerkAnglisismeWoestynPenisGawes van die Heilige GeesJakkalsAfrikaAluminiumWet op BevolkingsregistrasieJohannesburgApartheidVersoeningsdagGipsBreinkaartErfenisSpreeuHidroëlektrisiteitMotorvoertuigJuraDramaJudaïsmeLenteRosa ParksSkoenlapperLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMaroela MediaGeldHoofstadToerismeInstagramLongEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAfkortingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureInkomsteHondWaterpokkiesVars waterDistrik SesBeesAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidFabelPornografiese akteurTweede Nuwe JaarBank (finansiële instelling)KitaarGasJeugdagVerkragtingCorioliskragVormDubbelpuntMuskeljaatkatMeervoudTandbederfGewone breukeAbstraksie (rekenaarwetenskap)VryheidsdagTropiese sikloonAlkoholismeGianna MichaelsSlag van BloedrivierAfro-AmerikanersKlem-in-die-kaak🡆 More