Tripolitanië

Tripolitanië of Tripolitana (Grieks: Tripolis; driestad of drie stede, Arabies: طرابلس; Taraboeloes) is 'n landstreek in die noorde van Afrika, wat rofweg met die noordweste van die huidige Libië ooreenkom.

Die gebied is oorspronklik Tripolitana genoem; die naam Tripolitania is modern.

Tripolitanië
Kaart van Tripolitanië in die huidige Libië

De drie stede waarna dié naam verwys, is

  • Sabratha
  • Oea (die huidige Tripoli)
  • Lepcis Magna, wat ook -eintlik inkorrek- Leptis Magna genoem word.

Klimaat

Libië is oorwegend woestyn, maar oor die Middellandse See waai dikwels 'n wind uit die noorde, wat in die winter reënwolke aanvoer oor die Nafusagebergte. Die reënwater stroom deur die wadi's na die kus. Dit het die gebied baie vrugbaar gemaak en die drie stede wat deur die Fenisiërs gestig is, het baie ryk geword.

Geskiedenis

Tripolitanië 
Die teater van Sabratha

Die gebied het deel uitgemaak van die Kartaagse ryk en die Numidiese koninkryk van Massinissa. Ná ongeveer 110 v.C. het dit deel van 'n Romeinse pronvinsie geword, wat Afrika Proconsularis genoem word. Later het dit 'n eie pronvinsie gevorm. Aanvalle van die woestynbewoners, die Garamante het eise gestel aan die Derde legioen Augusta van die Romeine. Keiser Septimius Severus (193-211) het dit probleem opgelos deur die Limes Tripolitanus te bou wat bestaan het uit drie forte in Ghadames, Gheriat el-Garbia en Bu Njem. Dit is die begin van die ontginning van die halfwoestyn in hierdie gebied. Die forte is 'n eeu later opgegee, maar die versterkte plase, die centenaria het nog eeue in gebruik gebly.

Die Limes Tripolitanus het nog baie lank bestaan. Dit het die Vandale, Bisantyne en die koms van die Islam oorleef. Al-Idrisi dateer die vernietiging van die waterwerke in die elfde eeu.

In 1551 het Tripolitanië 'n provinsie van die Ottomaase ryk geword en dit het so gebly tot 1911. Daarna het dit 'n deel geword van die Italiaanse kolonie. Op 24 Desember 1951 is Tripolitanië verenig met Sirenaika en Fezaan in die onafkanklike koninkryk Libië

Literatuur

  • Graeme Barker e.a., Farming the Desert. The UNESCO Libyan Valleys Archaeological Survey (1996)
  • Jona Lendering, "Het Rijk naar buiten vergroot. De veldtochten van Septimius Severus", in: Oorlogsmist. Veldslagen en propaganda uit de Oudheid (2006) blz.346-354.
  • D.J. Mattingly, Tripolitania (1995)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Tripolitanië KlimaatTripolitanië GeskiedenisTripolitanië LiteratuurTripolitanië VerwysingsTripolitanië Eksterne skakelsTripolitaniëAfrikaArabiesGrieksLibië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kongo-krisisVersamelnaamAppendiksNederlandsKarlien van JaarsveldKunsWaterpokkiesKragopwekkingWaterbesparing in Suid-AfrikaNatuurbewaringDermpoliepKorrupsieVoortrekkermonumentVoëlTranspirasieSwitserlandDemokratiese Republiek die KongoMaatskaplike verantwoordelikheidGroepsgebiedewetKaapstadMynbouAfkortingJeuksiekteJaco JacobsVlagterminologieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaGeestesgesondheidDawidGeslagsregister vanaf Adam tot JesusJaarKlavierGasSeeJode in Suid-AfrikaRieldansPinksterJohannesburgFilosofieLiefdeMisdaadromanKlawers (speelkaarte)Lys van veltoestandeHerfsIngrid JonkerProsaMaagKookpuntTsoenamiSkoolPersoonlikheidPesachSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBeaufortskaalCSSAppel (sanger)Manie JacksonMobutu Sese SekoJannie du ToitKaliforniëByvoeglike naamwoordRobbie WesselsTradisionele literatuurElektrisiteitsvoorsieningAmandelAfrikaanse taalleerTelefoonGeweldChloorSwawelPampoentjiesKasteel die Goeie HoopWerkersdagEngelsBokmakierie🡆 More