Treurvy

Die treurvy (Ficus benjamina) is ’n spesie blomplante in die familie Moraceae, wat inheems is aan Suid- en Suidoos-Asië en Australië.

Dit is die amptelike boom van Bangkok.

Treurvy
Treurvy
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Urticales
Familie:
Tribus:
Ficeae
Genus:
Spesie:
F. benjamina
Binomiale naam
Ficus benjamina
L., (1767)
Sinonieme
  • Ficus benjamina subsp. comosa (Roxb.) Panigrahi & Murti
  • Ficus benjamina var. nuda (Miq.) M.F.Barrett
  • Ficus comosa Roxb.
  • Ficus cuspidatocaudata Hayata
  • Ficus dictyophylla Wall.
  • Ficus haematocarpa Blume ex Decne.
  • Ficus neglecta Decne.
  • Ficus nepalensis Blanco
  • Ficus nitida Thunb.
  • Ficus notobor Buch.-Ham. ex Wall.
  • Ficus nuda (Miq.) Miq.
  • Ficus papyrifera Griff.
  • Ficus parvifolia Oken
  • Ficus pendula Link
  • Ficus pyrifolia Salisb.
  • Ficus reclinata Desf.
  • Ficus retusa var. nitida (Thunb.) Miq.
  • Ficus striata Roth
  • Ficus umbrina Elmer
  • Ficus xavieri Merr.
  • Urostigma benjaminum (L.) Miq.
  • Urostigma benjaminum var. nudum (Miq.) Miq.
  • Urostigma haematocarpum Miq.
  • Urostigma neglectum Miq.
  • Urostigma nitidum (Thunb.) Miq.
  • Urostigma nitidum Gasp.
  • Urostigma nudum Miq.

Eienskappe

Die boom word 30 meter hoog in natuurlike toestande, waar sy vrugte deur verskeie voëls geëet word. Die blink, afhangende, ovaalvormige blare word 6 tot 13 cm lank. Binnenshuis word dit sowat 5 meter hoog.

Dit is ’n gewilde huisplant in gematigde streke omdat dit nie veeleisend is nie. Dit verkies helder, sonnige plekke, maar sal heelwat skaduwee kan hanteer. Dit het in die somer ’n gemiddelde hoeveelheid water nodig, en in die winter net genoeg om te keer dat dit uitdroog. Die plant is sensitief vir koue en moenie in ’n trek staan nie. Binnenshuis kan dit te groot word en snoei nodig hê.

Die boom se vrugte is eetbaar, maar dit word nie gewoonlik vir sy vrugte gekweek nie. Die blare is baie sensitief vir ’n klein verandering in die hoeveelheid lig. Wanneer dit geskuif of gedraai word, kan dit baie van sy blare verloor en dit vervang met nuwe blare wat aan die nuwe ligsituasie gewoond is.

Verskeie kultivars is beskikbaar, onder meer 'Danielle', 'Naomi', 'Exotica' en 'Golden King'. Sommige kultivars se blaarpatrone kan wissel van lig- tot donkergroen, en sommige het gestreepte blare. Die dwergkultivars soos 'Too Little' is van die gewildste plante vir binnenshuise bonsais.

Probleme

As die blare geel word, kry dit te veel water. As die blare afval, kry dit te min lig of staan dit in ’n trek. Rooimyte en dopluise kan voorkom.

Sien ook

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Treurvy EienskappeTreurvy ProblemeTreurvy Sien ookTreurvy GaleryTreurvy VerwysingsTreurvy Eksterne skakelsTreurvy

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KaapstadSeekoeiKarlien van JaarsveldCRob HersovTikTokErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2HekseryEngelsHelm (geboorte)PaasfeesNasiebouBaarmoederLiturgiese jaarGawes van die Heilige GeesFilosofieGodAardeFritz WepperVoorhuidGrasfamilieWeer (meteorologie)PtolemeusAfkappingstekenLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGeelsugGeografie van Suid-AfrikaSeksuele stimulasie26 MaartVrouRussiesNagmaalNoord-KaapBreingewasEkonomie van Suid-AfrikaOrkaan GustavSkaakAardbewingSuid-Afrikaanse InkomstediensVlag van AfghanistanHartSonEoraptorKoggelmanderJohannesburgLiewe HeksieSkaapSemenPiet ByleveldKoreaanse nasionale rugbyspanDemi Lee MooreMoslemDie Stem van Suid-AfrikaProstaatklierMusieksimboleVergelykings (taalkunde)Jacques Loots2024 Japannese Grand PrixNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAswoensdagZack du PlessisAkuutMaselsW3CVarkEuropese UnieSwedeEjakulasieGewone tarentaal🡆 More