Trekmonument 1904-1954

Die Trekmonument 1904–1954 herdenk die Afrikaners wat hulle in die eerste helfte van die twintigste eeu in Tanzanië gevestig het.

Trekmonument 1904-1954
Trekmonument 1904–1954
Trekmonument 1904-1954
Trekmonument 1904–1954
Trekmonument 1904-1954
Trekmonument 1904–1954

Hierdie monument is opgerig ter viering van die 50ste herdenking van die eerste Boere wat hulle na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog in Tanganjika, Duits-Oos-Afrika (tans deel van Tanzanië) gaan woon het. Die eerste groep van 41 mense het in 1904 van Delagoabaai vertrek en op 4 Desember het hulle hul eindbestemming bereik: die gebied tussen die Ngorongoro-krater, berg Kilimanjaro, berg Neru en die stad Arusha. Die vlam bo-op die monument is deur Coert Steynberg ontwerp en vervaardig. Gegraveerde stene op die sitbanke verteenwoordig sekere van die families wat in Tanganjika gewoon het. Op 16 Desember 1954 het J.K. Christie, die Suid-Afrikaanse kommissaris in Tanganjika, die hoeksteenlegging op die plaas Kampfontein waargeneem. Tans versorg die Lutherse sendingstasie die monument.

Op inisiatief van die Tanganjika Saamtrek Vereniging is 'n replika van hierdie gedenkteken by die Voortrekkermonument opgerig. Dit is op 16 Desember 2004 by Fort Schanskop onthul.

Bibliografie

  • www.vtm.org.za

Tags:

Tanzanië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse digtersOutismeKommunikasieBeeldspraakKlimaatveranderingJan van RiebeeckFossielbrandstofTaalfossielN.P. van Wyk LouwDuitslandProteïenTydLien se lankstaanskoeneVlag van Suid-AfrikaHarry PotterManie LibbokInentingGesonde dieetSuid-EuropaEmfiseemFanie ViljoenGewone breukeOogNatuurbewaringKankerKwame NkrumahKaliumOrthopteraKnopiespinnekopHondSpinnekopBeesvleisAtoomHartaanvalGoudkus (streek)SamestellingLCleopatra VIIHipoteseMaatskappyAborsie in Suid-AfrikaDokterTatoeëermerkKoppeltekenRob HersovVerkleurmannetjieLeeuFaf de KlerkOnse VaderNG gemeente JansenvilleVars waterTolla van der MerweAbstraksie (rekenaarwetenskap)GoogleAkademiaKlavierVryheidsdagMusiekEkologieAnale seksBelgiëJo BlackVerkoueKartografieSirkelNieuwoudtvilleVerenigde State van AmerikaBreinkaartHeidelberg, GautengLys van politieke partye in Suid-AfrikaGevolge van aardverwarming op oseaneHerfsOntdekking van goud in Suid-AfrikaFranse RewolusieKimberley🡆 More