Tregterwolk

'n Tregterwolk is 'n tregtervormige wolk van gekondenseerde waterdruppels, wat deur 'n roterende lugkolom gekenmerk word en vanaf die onderkant van 'n wolk (gewoonlik 'n cumulonimbus- of baie hoë cumuluswolk) uitsteek, maar nie die grond bereik nie.

Tregterwolke word gewoonlik sigbaar as kegelvormige of naaldagtige protuberansie van die hoofwolk se onderkant en ontstaan dikwels saam met supersel-donderstorms.

Tregterwolk
'n Tregterwolk nader die grond

Sodra 'n tregterwolk grond raak, verander dit tot 'n tornado. Die meeste tornado's is oorspronklik tregterwolke, maar net 'n klein aantal van hierdie wolke deurloop die proses van tornadogenesis.

Daar is egter ook tornado's, wat hulle ontstaan aan sterk sikloniese winde net bo-oor die grond te danke het en dus oorspronklik nie vanuit 'n tregterwolk met sy tipiese kondensasie gevorm is nie. Sommige tornado's is net dwarrelwinde van stof en puin sonder enige tregterwolk onderkant die roterende wolkebasis.

Kouelug-tregterwolke

Tregterwolk 
'n Kouelug-tregterwolk steek uit 'n generiese cumuluswolk. Die foto is deur lede van die VORTEX-projek in Noord-Texas geneem

Kouelug-tregterwolke is gewoonlik kortstondig en in die algemeen baie swakker as die lugwerwels wat in superselle ontstaan. Kouelug-tregterwolke raak selde grond; indien wél, ontwikkel hulle tot swak tornado's of waterhose.

Anders as die verwante verskynsels, wat tydens swaar donderstorms optree, kom kouelug-tregterwolke gewoonlik met gedeeltelik bewolkte weer en kouefronte voor. Die atmosferiese instabiliteit en vogtigheid van hierdie weerstoestand is toereikend vir die vorming van baie hoë cumuluswolke, maar nie vir neerslag nie. Die vermenging van koel lugmassas in die laer troposfeer met lugstromings, wat in die middel van die troposfeer in 'n ander rigting beweeg, veroorsaak die rotasie van lug om 'n horisontale spil. Indien dit as gevolg van atmosferiese toestande vertikaal gedeflekteer word, ontstaan 'n tregterwolk.

Sien ook

Eksterne skakels en bronne

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Elektroniese of digitale mediaSomerC. Louis LeipoldtShakaVoortrekkermonumentSuid-AfrikaEmo AdamsGregoriaanse kalenderSwart nasionalismeBloukraanvoëlKeramiekHeks van HexrivierNoordwesLugbesoedelingRoofvoëlMeningsverskil oor aardverwarmingEerste WêreldoorlogAfrikaanse WikipediaPersentasieHandbalLys van Suid-Afrikaanse digtersKewerGroepsgebiedewetKoperSelfmoordLuiperdLeesPapierVrouGroot Muur van ChinaSpierAfro-AmerikanersOlifantMynbouMondJan van RiebeeckStedelike hitte-eilandVerkragtingAvbobPad na jou hartWikiKarooBestaansboerderyPropagandaRobert SobukweAfrikaansTuberkuloseBoor (element)Jan-Willem BreureHibernasieEkonomieMosesSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureFrankrykWerkersdagTaalfossielSonnestelselKlavierGesonde dieetGeskiedenis van Suid-AfrikaDiskriminasieSoweto-opstandDrakensbergeLidwoordGeprosesseerde kosPlae van EgipteLys van Kaapstad se voorstedeSteenkoolKoerantSportEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaDialoog in fiksieNederlandBeaufortskaal🡆 More