Transsilvanië is ’n historiese streek in wat vandag die sentrale deel van Roemenië is.
Dit word in die ooste en suide deur die Karpate begrens; in die weste strek die historiese Transsilvanië tot by die Apusenibergreeks. Die term sluit ook soms die historiese streke Crișana, Maramureș en die Roemeense deel van Banat in.
Transsilvanië Transilvania/Ardeal | |
---|---|
Historiese streek | |
Die grootste kerk in Cluj-Napoca, die nie-amptelike hoofstad van Transsilvanië. | |
Transsilvanië se ligging in Roemenië | |
Koördinate: 46°46′0″N 23°35′0″O / 46.76667°N 23.58333°O 23°35′0″O / 46.76667°N 23.58333°O | |
Land | Roemenië |
Oppervlak | |
• Totaal | 102 834 km2 (39 704 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 309 291 |
• Digtheid | 71/km2 (180/vk. myl) |
Tydsone | UTC+02:00 (OET) |
• Somertyd | UTC+03:00 (OEST) |
Die streek is bekend vir die natuurskoon van die Karpate en sy ryk geskiedenis. Dit sluit ook groot stede soos Cluj-Napoca, Brașov en Sibiu in.
In die Engelssprekende wêreld word Transsilvanië verbind met vampiere, hoofsaaklik vanweë die invloed van Bram Stoker se bekende boek Dracula sowel as baie latere rolprentweergawes daarvan.
In Roemeens is die streek bekend as Ardeal of Transilvania; in Hongaars as Erdély; in Duits as Siebenbürgen of Transsilvanien; in Latyn as Transsilvania en in Turks as Transilvanya, maar histories as Erdel of Erdehstan.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Transsilvanië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.