In ’n transliterasie word woorde uit een skrif of taal letter vir letter in ’n ander alfabet weergegee.
Soms word diakritiese tekens gebruik sodat die omskakeling op ’n presiese manier omgekeer kan word.
In teenstelling met getranskribeerde woorde is die uitspraakreëls van die teikentaal vir ’n leser nie voldoende om die getranslitereerde woorde te kan uitspreek nie. Transliterasie is ’n geskikte hulpmiddel om skrywers en titels of ander elemente in ’n lys wat oorspronklik nie in die Latynse alfabet geskryf is nie, behoorlik te sorteer.
Daar is verskeie voorbeelde van getranslitereerde woorde wat in Afrikaans gebruik word, byvoorbeeld sjiek (uit Frans), kurrikulum (uit Latyn) ens.
Daar word onderskei tussen:
Griekse woord | Transliterasie | Transkripsie | Notas |
---|---|---|---|
Ελληνική Δημοκρατία | Ellēnikḗ Dēmokratía | Elliniki Dimokratia | "Δ, δ" soos Engels 'th' in 'these' |
βασιλεύς εν Ναυπλίω | basileús en Nauplíō | vasilefs en Nafplio | "β" soos 'w', "αυ" / "ευ" soos 'af' / 'ef' voor stemlose konsonante |
Ελευθερία | Eleuthería | Eleftheria | "Θ, θ" soos Engels 'th' in 'thing' |
Ευαγγέλιο | Euaggélio | Ewangelio | "ευ" soos voor klinkers en stemdraende medeklinkers; γγ soos 'ng' in Afrikaans |
των υιών | tōn uiṓn | ton ion | "υ"/"υι" soos 'i' in Afrikaans |
Μπερλίν, Ντακάρ, Γκέντ | Mperlín, Νtakár, Gként | Berlin (Berlyn), Dakar, Gent | "μπ" / "ντ" / "γκ" (digrawe vir 'b' / 'd' / 'g') |
In die geval van meer ingewikkelde skrifte soos Chinees bestaan daar geen transliterasiestelsels nie, die omskakeling is beperk tot transkripsies.
Verskille tussen transliterasie en transkripsie | |
---|---|
Oorspronklike Russiese teks | Борис Николаевич Ельцин |
Amptelike transliterasie volgens die ISO 9-standaard (GOST 7.79-2000) | Boris Nikolaevič Elʹcin |
Wetenskaplike transliterasie | Boris Nikolaevič Elʼcin |
Fonetiese transkripsie volgens die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA) | [bʌˈɾʲis nʲɪkʌˈɫajɪvʲɪt͡ʃʲ ˈjelʲt͡sɨn] |
27 voorbeelde van omskakeling van dieselfde naam in ander tale/alfabette (transkripsie) | |
Afrikaans | Boris Nikolajewitsj Jeltsin |
Nederlands | Boris Nikolajevitsj Jeltsin |
Engels | Boris Nikolayevich Yeltsin |
Duits | Boris Nikolajewitsch Jelzin |
Bulgaars, Macedonies | Борис Николаевич Елцин |
Serwies | Борис Николајевич Јељцин |
Tsjeggies / Sloweens | Boris Nikolajevič Jelcin |
Slowaaks | Boris Nikolajevič Jeľcin |
Kroaties | Boris Nikolajevič Jeljcin |
Pools | Borys Nikołajewicz Jelcyn |
Lets | Boriss Nikolajevičs Jeļcins |
Litaus | Borisas Nikolajevičius Jelcinas |
Sweeds / Deens | Boris Nikolajevitj Jeltsin |
Noors | Borís Nikolájevitsj Jéltsin |
Spaans | Borís Nikoláyevich Yeltsin |
Frans | Boris Nikolaïevitch Ieltsine |
Albanies | Boris Nikollajeviç Jellcin |
Mahl | ބޮރިސް ނިކޮލަޔެވިޗް ޔެލްސިން |
Hongaars | Borisz Nyikolajevics Jelcin |
Fins | Boris Nikolajevitš Jeltsin |
Estnies | Boriss Nikolajevitš Jeltsin |
Turks | Boris Nikolayeviç Yeltsin |
Arabies | بوريس نيكولايفتش يلتسن (transliterasie Būrīs Nīkūlāyafitsh Yīltsin) |
Hebreeus | בוריס ניקולאיביץ' ילצין (transiterasie bwrjs njḳwlʾjbjṣ' jlṣjn) |
Chinees | 鲍里斯•尼古拉耶维奇•叶利钦 (pinyin: Bàolǐsī Nígǔlāyēwéiqí Yèlìqīn) |
Japannees | ボリス・ニコライェヴィッチ・イェリツィン (transliterasie borisu nikorayevicchi yeritsin) |
Koreaans | 보리스 니콜라예비치 옐친 (transliterasie boriseu nikollayebichi yelchin) |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Transliterasie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.