Tour De France

Die Tour de France (Frans: , letterlik: Toer deur Frankryk) of kort Le Tour (, die toer), ook Grande Boucle (, Groot Lus) genoem, is die bekendste en belangrikste fietswedren ter wêreld.

Die wedren strek oor drie weke – dus eintlik 'n toer – en vind altyd gedurende Julie plaas. Die eerste wedren het in 1903 plaasgevind en gedurende 2018 het die wedren vir die 105de keer plaasgevind; dit is net tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, asook die wêreldwye Covid-19-pandemie gekanselleer. Alhoewel die roete jaarliks gewysig word, lei dit deur die hele Frankryk en aangrensende lande. Saam met die Toer van Italië (Giro d'Italia) en die Toer van Spanje (Vuelta a España) vorm dit deel van die Groot Drie Toere. Die wenner is die ryer met die minste totale tyd na afloop van die toer; elke skof se tyd word bymekaar getel. Die wenner kry die Geeltrui. Die wenspan is die span met die minste totale tyd na afloop van die toer; die beste drie ryers se tye van elke span word vir elke skof bymekaar getel.

Tour De France
Fietsryers tydens die Tour de France in 2005
Tour De France
Die geel trui
Tour De France
Chris Froome, viermalige wenner van die Tour de France

Wenners vanaf 2000

Jaar Wenner Nasionaliteit
2000 Lance Armstrong Tour De France  Verenigde State
2001 Lance Armstrong Tour De France  Verenigde State
2002 Lance Armstrong Tour De France  Verenigde State
2003 Lance Armstrong Tour De France  Verenigde State
2004 Lance Armstrong Tour De France  Verenigde State
2005 Lance Armstrong Tour De France  Verenigde State
2006 Óscar Pereiro Tour De France  Spanje
2007 Alberto Contador Tour De France  Spanje
2008 Carlos Sastre Tour De France  Spanje
2009 Alberto Contador Tour De France  Spanje
2010 Andy Schleck* Tour De France  Luxemburg
2011 Cadel Evans Tour De France  Australië
2012 Bradley Wiggins Tour De France  Verenigde Koninkryk
2013 Chris Froome Tour De France  Verenigde Koninkryk
2014 Vincenzo Nibali Tour De France  Italië
2015 Chris Froome Tour De France  Verenigde Koninkryk
2016 Chris Froome Tour De France  Verenigde Koninkryk
2017 Chris Froome Tour De France  Verenigde Koninkryk
2018 Geraint Thomas Tour De France  Verenigde Koninkryk
2019 Egan Bernal Tour De France  Colombia
2020 Tadej Pogačar Tour De France  Slowenië
2021 Tadej Pogačar Tour De France  Slowenië
2022 Jonas Vingegaard Tour De France  Denemarke
2023 Jonas Vingegaard Tour De France  Denemarke
  • Die titel is eers in 2012 aan Andy Schleck toegeken nadat Alberto Contador gediskwalifiseer is vir 'n positiewe opkikker-toets.

Suid-Afrikaners in die Tour de France

Tour De France 
Daryl Impey tydens die Tour de France 2013 in die geeltrui

Robbie Hunter en John-Lee Augustyn was die eerste twee Suid-Afrikaners wat aan die Tour de France deelgeneem het. Robbie Hunter is die eerste Suid-Afrikaner nog wat 'n skof kon wen in die Tour de France en wel gedurende die 2007-toer. Daryl Impey het aan die 2012-toer deelgeneem en gedurende die 2013-toer die geeltrui gedra na die sesde skof, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon vermag. Tydens die 2019-toer het Daryl Impey die negende skof gewen en die tweede Suid-Afrikaner geword wat dit kon vermag.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • (fr) Amptelike webwerf
  • (en) "Tour de France". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 September 2020.

Tags:

Tour De France Wenners vanaf 2000Tour De France Suid-Afrikaners in die Tour de FranceTour De France Sien ookTour De France VerwysingsTour De France Eksterne skakelsTour De FranceCovid-19-pandemieEerste WêreldoorlogFietsFrankrykFransItaliëSpanjeTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersKimberleyGeelsugJohannes HahnOnderhandelinge om apartheid te beëindigLenteBek-en-klouseerLys van Griekse mitologiese figureVeeartsSpringbokErns GrundlingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureHemelvaartKameelperdBesoedelingNic de JagerMark (ekonomie)Wet op Bantoe-onderwysAnrich HerbstReënspinnekopAsiëArmoedeEiffeltoringVaginaDundermEienaamThys die BosveldklongDesmond TutuWes-KaapTelevisieRumatoïede artritisGroot GatKangogrotteMondDarwinismeVormChloorAnale kankerBorsJavaScriptVerlede tydKaapstadKlimaatsverandering in Suid-AfrikaChristiaan BarnardDigvormDoelwitGoogleNederduitsch Hervormde KerkOlifantVlag van Suid-AfrikaMiteAardbewingWinnie Madikizela-MandelaAfrikaanse TaalmonumentSonnestelsel23 AprilSeisoenDierKrugerwildtuinHulpwerkwoordDieremishandelingHorlosieNederlandsTweede Nuwe JaarKaapstadse waterkrisis 2015-2018MonopolieDolfynGianna MichaelsKarakteriseringBoer Soek 'n VrouRob HersovWiskundige terminologie🡆 More