Tour Montparnasse: Wolkekrabber in Parys

Tour Montparnasse is die tweede hoogste wolkekrabber (naas die Tour First) in Frankryk - en die enigste in die stadsgebied van Parys, geleë in die Quartier Necker in die 15de arrondissement (stadsdistrik).

Die gebou is in 1972 voltooi en het 'n hoogte van 210 meter en 59 verdiepings. Die wolkekrabber is ontwerp en gebou tydens 'n periode van snelle groei en skaars kantoorruimte in Parys, maar was as 'n monolitiese swart toringgebou in 'n sentrale kwartier met histories lae gebouhoogtes en helder fasades van begin af omstrede - ondanks die destydse staatspresident Georges Pompidou se steun vir die projek. Vervolgens is die oprigting van nuwe toringgeboue met meer as sewe verdiepings vier dekades lank verbied en het kwartiere met wolkekrabbers derhalwe net buite die stadsgrens, so in La Défense, ontstaan waar hulle nie die uitsig op die sentrale element van Parys se stadshorison, die Eiffeltoring, kan belemmer nie.

Tour Montparnasse: Wolkekrabber in Parys
Die uitsig vanuit die Eiffeltoring, met die Champ de Mars (Marsveld) in die voorgrond, wys hoe onvanpas 'n toringgebou soos die Tour Montparnasse in die Paryse middestad is
Tour Montparnasse: Wolkekrabber in Parys
Die uitsigplatform

Die Tour Montparnasse se uitsigdek, geleë op 'n hoogte van 210 meter, bied 'n panoramiese uitsig oor die Paryse stadsgebied wat in goeie weerstoestande sowat veertig kilometer ver kan strek.

In 2017 is besluit om die wolkekrabber van 'n volledig nuwe fasetryke glasfasade te voorsien - met die oog op die Olimpiese Somerspele 2024 wat in Parys gehou sal word.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

2°19′20″O / 48.84167°N 2.32222°O / 48.84167; 2.32222

Tags:

ArrondissementEiffeltoringFrankrykGeorges PompidouLa DéfenseParysWolkekrabber

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DoelwitGriekse mitologieRandall WicombElandréJohan BadenhorstGalblaasGroepsdrukPlaasjapieDansRegardt van den BerghBelastingBlaarBloedsomloopstelselSpysverteringstelselGianna MichaelsBiodiversiteitSoweto-opstandWindSirkusSwawelBreinEugenetikaWaterstofSteenkoolVulkanismeOrkney Snork NieMaatskaplike verantwoordelikheidVerkleurmannetjieRooikatAborsie in Suid-AfrikaLiewe HeksieMenslike penisgrootteWoordeboek van die Afrikaanse TaalMichael JacksonSatellietJan CombrinkDigvormRenosterGeskiedenis van AfrikaansOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKhoikhoiWaterbesoedelingBrongitisNaaldekokerLys van oseane, seë en mereFluoorOnderwys in Suid-AfrikaMaatskappySeekoeiAkkedisAfkortingLys van konings van IsraelOorlogWater (molekuul)VratHidroëlektrisiteitSophie SchollJavaScriptKakiebosGeweldInligtingstegnologieOseaanbesoedelingNylrivier (Suid-Afrika)Provinsies van Suid-AfrikaMagda van BiljonGNU-lisensie vir vrye dokumentasieOlimpiese Somerspele 2024Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaCorioliskragGautengMeningsverskil oor aardverwarmingLongErfenisdag (Suid-Afrika)🡆 More