Tor-M1

Die Tor missielstelsel (Russies: torsus Tor; Afrikaans: top) is 'n kortafstand, laag- tot medium hoogte grond-tot-lugmissiel verdedigingstelsel, waarmee vliegtuie, helikopters, missiele, bomme, onbemande vliegtuie (soos die Suid-Afrikaanse Seaker-II) en ballistiese missiele neergeskiet kan word.

Die Russiese GRAU naam vir die eerste produksiemodel is 9K330, maar by NAVO staan dit bekend as die SA-15 Gauntlet en die SA-N-9 Gauntlet (die skeepsgelanseerde weergawe).

Tor-M1
'n 9K330 Transport rigtinglanseerder en radar. Foto uit Field Artillery Magazine.

Dit is 'n verdedigingstelsel wat teikens onder enige weersomstandighede dag of nag kan neerskiet. Die Tor-stelsel kan vliegtuie en die gelanseerde bomme/missiele van 'n vyandige vliegtuig neerskiet voor die vyandige bomme skade kan aanrig.

Die Tor is 'n lugmobiele eenheid, dit kan in 'n transportvliegtuig vervoer word en is toegerus met filtreerstelsels om beskerming teen kern-, biologiese- en chemiese aanvalle te bied.

Operasionele geskiedenis

In 'n perskonferensie oor die Suid-Ossetië-oorlog in 2008 het die Russiese woordvoerder van die Ministerie van Verdediging, Anatoliy Nogovitsyn, bespiegel oor die gebruik van die Tor-missielstelsel deur die Georgiese weermag in die aanval op Russiese vliegtuie. Die stelsel word voorgestel as 'n moontlike oorsaak vir die verlies van 'n Tu-22MR-strategiese bomwerper wat deur Georgiese lugverdediging afgeskiet is tydens 'n verkenningsmissie gedurende die konflik. Terwyl die verlies van die bomwerper ook toegeskryf word aan Buk-M1, wat Georgië in 2007 uit die Oekraïne verkry het, sou die verlies aan Tor toegeskryf kan word, sal dit die eerste keer wees dat die (nog onbewese) stelsel in 'n gevegsituasie gebruik is.

Die Russiese Weermag versterk hul gevegsvaardighede in die Verre-Ooste met behulp van die nuutste anti-missielstelsel 'Tor-M2U' op die Koerile-eilande, het Rossiyskaya Gazeta op 24 September 2015 berig. Voor dit het die soldate en offisiere vir ses maande die lugafweerstelsel in eksperimentele modus gebruik.

Rusland het Tor-M2 by die Khmeimim-lugbasis in Sirië ontplooi.

Afskiet van Ukraine International Airlines Vlug 752

Newsweek berig op 9 Januarie 2020 dat Amerikaanse amptenare glo dat die Ukraine International Airlines Vlug 752 deur 'n Iranse Tor-M1-missiel afgeskiet is, waarskynlik per ongeluk. Later die dag het die Kanadese premier, Justin Trudeau, aangekondig dat daar geloofwaardige Kanadese en geallieerde intelligensie is dat 'n Iranse grond-tot-lugmissiel waarskynlik die verlies van die Oekraïense vliegtuig veroorsaak het. Hy wou nie verder uitbrei oor die intelligensie nie. Eliot Higgins van Bellingcat het foto's van 'n Tor-neusgedeelte getwiet wat na bewering op die ongeluksterrein geneem is.

Op 10 Januarie 2020 erken Iran dat hulle per ongeluk die Oekraïense vlug 752 afgeskiet het, weens 'n menslike fout met die identifisering van die vliegtuig as 'n moontlike vyandige indringer.

Verwysings

Meer inligting

Tags:

Tor-M1 Operasionele geskiedenisTor-M1 VerwysingsTor-M1 Meer inligtingTor-M1GRAUGrond-tot-lugmissielHelikopterMissieleNAVOOnbemande vliegtuigRuslandRussiesVliegtuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfrikanersJoseph LynchSlag van BloedrivierGroepsgebiedewetRooilipslangMauritiusHeupArabiesStereotipeMielieSelfvertroueOrale seksMiddeloorontstekingRicus NelTelwoordReddingskakeSwartwitpensKriekVerfPolisieSteenkoolEkonomiese sektorNasionale PartyViëtnamoorlogHipoteseKrokodilKrapVermontViëtnamBurgerregteOu Apostoliese KerkParkinson se siekteWinnie Madikizela-MandelaSophie SchollPoesLionel MessiMiddelmisbruikLys van musiekinstrumenteFilosofiePornografiese subgenresGodMaatskaplike verantwoordelikheidKokketielKultuurTussenwerpselElzette MaarschalkJannie du ToitHemelvaartLyfstraf in skoleVisBlaarBetonLionel PetersonDansCarles PuigdemontStaatstoelaeSuid-Afrikaanse GrensoorlogNasiebouGevolge van aardverwarming op oseaneVoornaamwoordTaalSuikerbekkiesDonderstormInligtingstegnologieEreksieMalariaSkisofrenieDieregeluideLandbouRamsar-vleilande in Suid-AfrikaDramaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSwemAalwyn🡆 More