Tokkelos of tokkelossie is 'n inheemse Suid-Afrikaanse woord wat spook of bose gees beteken en algemeen in gebruik is.
'n Tokkelos word gesien as 'n harige, kwaadwillige, klein kabouteragtige, magiese skepsel wat met Sangomas, of "toordokters" geassosieer word.
Daar is nie baie oor tokkelosse self geskryf nie, maar Afrikaanse literatuur verwys algemeen daarna. Die roman Toorberg, deur Etienne van Heerden (1986) is 'n klassieke voorbeeld. Nog 'n voorbeeld is Gerhard Steyn se liedjie, Tokkelossie.
Die Afrikaans-English/English-Afrikaans Practical Dictionary (ISBN 0-7818-0846-4) vertaal die Engelse woord "Gremlin" as tokkelos(sie), duiweltjie, setfout/setsatan/drukfout.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tokkelos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.