Tobameer

Die Tobameer (Indonesies: Danau Toba) is 'n groot natuurlike meer in Noord-Sumatra, Indonesië.

Dit lê in 'n kaldera van 'n supervulkaan, in die middel van die noordelike deel van Sumatra. Die meer is 100 km lank, 30 km breed en tot 505 m diep, en die oppervlak is sowat 900 m bo die weevlak. Dit is die grootste meer in Indonesië en die grootste vulkaanmeer in die wêreld.

Tobameer
Die Tobameer en die eiland Samosir. Die Tobameer en die eiland Samosir.
Ligging Noord-Sumatra, Indonesië
Hoogte 905 meter bo seevlak
Koördinate 2°41′N 98°53′O / 2.68°N 98.88°O / 2.68; 98.88 98°53′O / 2.68°N 98.88°O / 2.68; 98.88
Bergtipe Vulkaan
Laaste uitbarsting 74 000 j. gelede
Ligging van Tobameer op 'n kaart (Indonesië)
Tobameer
Tobameer
Ligging in Indonesië.

Die Tobameer is geleë op die terrein van 'n supervulkaniese uitbarsting van 'n geraamde magnitude van VEI-8 wat 69 000 tot 77 000 jaar gelede plaasgevind en die weer wêreldwyd verander het. Onlangse dateringsmetodes dui op 'n akkurater tyd van 74 000 jaar gelede.

Dit was die grootste bekende ontploffende uitbarsting op aarde in die afgelope 25 miljoen jaar. Volgens die Tobakatastrofe-teorie het dit die meeste mense van dié tyd gedood en 'n bevolkingsbottelnek in Sentraaloos-Afrika en Indië geskep wat die genetiese samestelling van mense wêreldwyd tot vandag verander het. Onlangser navorsing trek egter dié bevindings in twyfel.

Daar word aanvaar dat die uitbarsting van Toba gelei het tot 'n vulkaniese winter wat 'n wêreldwye daling in temperatuur van tussen 3 en 5 °C veroorsaak het. Studies van die Malawimeer in Oos-Afrika het getoon aansienlike hoeveelhede as van die Toba-uitbarstings het daar geval, maar daar was min aanduidings van 'n klimaatsverandering in Oos-Afrika.

Groot uitbarsting

Die "Toba-uitbarsting" het sowat 74 000 jaar gelede plaasgevind by wat nou die Tobameer is. Dit was die laaste van minstens vier kalderavormende uitbarstings op dié terrein, met die vroeëre bekende kaldera wat sowat 1,2 miljoen jaar gelede plaasgevind het.

Ná die uitbarsting het sowat 800 km3 as meestal in die weste geval. Die piroklastiese strome het 'n gebied van minstens 20 000 km2 met as van tot 600 m diep bedek, en moontlik die hele Suid-Asië mat 'n aslaag van sowat 15 cm. Op een terrein in Sentraal-Indië is die Toba-aslaag tot 6 m diep en op dele van Maleisië tot 9 m diep.

Die daaropvolgende ineenstorting het 'n kaldera gevorm wat nou met water gevul is en bekend is as die Tobameer. Die eiland in die middel van die meer is gevorm deur 'n vulkaniese koepel.

Tobameer 
'n Kaart van die meer, met die eiland Samosir in die middel.

Die presiese jaar van die uitbarsting is onbekend, maar die patroon van die asdeposito's dui daarop dat dit tydens die noordelike somer plaasgevind het, want net die somermoeson sou as in die Suid-Chinese See laat val het. Die uitbarsting het dalk twee weke lank geduur en die verlaging in die wêreldwye temperatuur kon verskeie jare geduur het.

Baie min plante en diere in Suidoos-Asië sou oorleef het en dit is moontlik dat uitsterwings wêreldwyd plaasgevind het. Daar is egter aanduidings dat die wêreldwye verkoeling voor die uitbarsting kon gebeur het.

Onlangser aktiwiteit

Sedert die groot uitbarsting sowat 70 000 jaar gelede het kleiner uitbarstings ook by Toba plaasgevind. Dit het die klein keël van Pusukbukit aan die suidwestelike kant van die kaldera en lawakoepels laat vorm. Die onlangsste uitbarsting kon by Tandukbenua aan die noordwestelike kant van die kaldera plaasgevind het.

Sommige dele van die kaldera toon opstotings vanweë die gedeeltelike hervulling van die magmakamer, soos die opstoting van die eiland Samosir en die Uluan-skiereiland bo die oppervlak van die kandera. Die sediment op Samosir wys dit het met minstens 450 m gestyg sedert die kataklismiese uitbarsting. Toba is waarskynlik die grootste herrese kaldera op aarde. Groot aardbewings het onlangs in die omgewing van die vulkaan voorgekom, veral in 1987 aan die suidelike oewer van die meer. Sulke aardbewings is ook waargeneem in 1892, 1916 en 1920-'22.

In 2016 het 'n studie aangetoon die Toba-supervulkaan het 'n magmakamer met 50 000 km3 magma wat kan uitbars.

'n Panoramiese uitsig op die Tobameer.

Verwysings

Skakels

  • Tobameer  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Tobameer Groot uitbarstingTobameer VerwysingsTobameer SkakelsTobameerIndonesiesIndonesiëKalderaMeerSumatraVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfoonSirkelSteenkoolSelfbeeldErfenisPoesLionel MessiBraaiMielieWater (molekuul)SwartrenosterWaterbesparing in Suid-AfrikaLieweheersbesieMatriek in Suid-AfrikaKoolstofLeestekenPaasfeesWêreld- Ekonomiese ForumEjakulasieMangelontstekingSuurstofKoöperasiestoriesRooibokPornografiese akteurGriepEkonomie van Suid-AfrikaRooilipslangOnderhandelinge om apartheid te beëindigHipoteseWaarnemingMagsverheffingPeach van PletzenJodeBelastingTrianthemaWerwelkolomGrieksCyril RamaphosaPadtekens in Suid-AfrikaAfvalbestuurGenesisKlimaatGipsMusiekHemelvaartDistrik SesEnsiklopedieWinterDeelteken en umlautLuiperdKiewieteLandbouTrappe van vergelykingSmall HandsHamilton WesselsDaggaLugbesoedelingApostelCarike KeuzenkampLabia (geslagsdele)Soweto-opstandUnited Democratic FrontSonsverduisteringPinksterBorskankerMenstruasieTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinAt BothaOrgasmeDwelmmiddelTrekarbeidNagmaalSeptimius FundBokmakierie🡆 More