Tipu Sultan

Tipu Sultan (gebore Sultan Fateh Ali Sahab Tipu, 20 November 1750 - 4 Mei 1799), ook bekend as Tipu Sahab of die Tier van Mysore, was 'n heerser oor die Koninkryk van Mysore en 'n pionier van vuurpylartillerie.

Hy het tydens sy bewind 'n aantal administratiewe innovasies bekendgestel, waaronder 'n nuwe muntstelsel en kalender, en 'n nuwe stelsel vir grondinkomste wat die groei van die Mysore-sybedryf geïnisieer het. Hy verbeter die ysterbedekte Mysoreanse-vuurpyle en gee opdrag vir die samestelling van die militêre handleiding die Fathul Mujahidin. Hy het die vuurpyle ontplooi teen die aanvalle van die Britse magte en hul bondgenote tydens die Anglo-Mysore-oorloë, insluitende tydens die Slag van Pollilur en die beleg van Seringapatam. Hy het ook begin met 'n ambisieuse ekonomiese ontwikkelingsprogram wat Mysore as 'n belangrike ekonomiese mag gevestig het, met van die wêreld se hoogste reële lone en lewensstandaarde in die laat 18de eeu.

Tipu Sultan
Tipu Sultan 1790

Napoleon Bonaparte, die Franse opperbevelvoerder, het 'n alliansie met Tipu Sultan versoek. Beide Tipu Sultan en sy vader gebruik hul leër wat deur die Franse opgelei is in alliansie met die Franse in hul stryd met die Britte, en in Mysore se stryd met ander omringende magte, teen die Marathas, Sira en die heersers van Malabar, Kodagu, Bednore, Carnatic en Travancore. Die vader van Tipu, Hyder Ali, het die mag oorgeneem om Mysore te verower, en Tipu het hom opgevolg as die heerser van Mysore met die dood van sy vader in 1782. Hy het belangrike oorwinnings teen die Britte in die Tweede Anglo-Mysore-oorlog behaal en het met die Verdrag van Mangalore in 1784 onderhandel nadat sy pa in Desember 1782 tydens die Tweede Anglo-Mysore-oorlog aan kanker gesterf het.

Tipu Sultan
‘n Skildery wat die Mysore leër toon wat teen  die Britse magte met Mysoreanse- vuurpyle veg

Tipu se konflik met sy bure was onder andere die Maratha– Mysore-oorlog, wat geëindig het met die ondertekening van die Verdrag van Gajendragad. Die verdrag vereis dat Tipu Sultan 4,8 miljoen roepies moes betaal as 'n eenmalige oorlogskoste vir die Marathas, en 'n jaarlikse huldeblyk aan 1,2 miljoen roepies bykomend tot die teruggee van al die gebied wat deur Hyder Ali beset is.

Tipu het 'n onverbiddelike vyand van die Britse Oos-Indiese Kompanjie gebly, wat konflik veroorsaak het met sy aanval op Brits-geallieerde Travancore in 1789. In die Derde Anglo-Mysore-oorlog is hy gedwing om die Verdrag van Seringapatam aan te gaan en het 'n aantal verowerde gebiede verloor, insluitend Malabar en Mangalore. Hy het gesante na buitelandse state, waaronder die Ottomaanse Ryk, Afghanistan en Frankryk gestuur, in 'n poging om steun vir sy teenkanting teen die Britte te bekom.

In die vierde Anglo-Mysore-oorlog is die imperiale magte van die Britse Oos-Indiese Kompanjie ondersteun deur die Nizam van Hyderabad en Marathas. Hulle het Tipu verslaan, en hy is op 4 Mei 1799 gedood terwyl hy sy fort Seringapatam verdedig het.

In die post-koloniale Indiese subkontinent word Tipu Sultan gevier as 'n held van koloniale weerstand. Hy word egter ook gekritiseer vir sy onderdrukking van Hindoes, Christene en selfs Moslems om godsdienstige en politieke redes.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

1750179920 November4 MeiArtillerieEkonomieFathul MujahidinKalenderSyVuurpylYster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

UilIrma SternApartheidLys van ingelyfde NG gemeentesVigsApostoliese GeloofsbelydenisNieu-SeelandInternetLeah van NiekerkVraag en aanbodEwenaarUitwerking van klimaatsveranderingWitrenosterVoedselkettingMieliestronkHemelvaartBelastingTobie CronjéBloeddrukAfrikaanse WikipediaDiskriminasieRina HugoMagsverheffingCeresWinterCleopatra VIIPaddaNeurenberg-verhoreLewerVars waterDwelmmiddelBeroerteSoogdierBayer 04 LeverkusenBurgerregteKlankverskynselsOorkruipersGeskiedenis van AfrikaansTrianthemaGeslagGewone janfrederikDikdermKolorektale kankerIslamLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)E-posSkoenlapperRobert SobukweBraaiPierre GaslyLionel PetersonGasJeuksiekteLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaRooibokEmfiseemVioolJan CombrinkMeervoudWes-KaapKlimaatveranderingOrthopteraNoFapRooms-Katolieke KerkHerfsGetalDuitse maselsSkilpadRenaissanceLys van bekende Suid-AfrikanersGeweldYsterJak de PriesterVulvaWikimedia-stigting🡆 More