Tinerfe ook bekend as die Grote, was die koning (Mencey) van die Guanches van die eiland Tenerife (Kanariese Eilande).
Daar word gedink dat hy in die laat veertiende eeu geleef het.
Hy was die seun van koning Sunta, wat voor die verowering van die Kanariese Eilande in die vyftiende eeu oor die hele eiland geheers het. Tinerfe se hof moet, soos al sy voorgangers s'n, in Adeje, die suide van Tenerife, gewees het .
Ná sy pa se dood het Tinerfe die alleenheerskappy oor Tenerife geërf. Soos ook met sy voorgangers gebeur het, probeer sy ooms om die kroon te verower, maar hulle was onsuksesvol. Volgens die kroniek bereik die eiland van Tenerife groot welvaart tydens sy regering.
By sy dood verdeel sy seuns die eiland in nege menceyatos (koninkryke). Daar is 'n teorie dat die eiland Tenerife se naam van Tinerfe kom maar dit word tans geglo dat die naam van die eiland van die Teide vulkaan afkomstig is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tinerfe, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.