Tydskrif Time

Time is 'n nuustydskrif wat weekliks in die Verenigde State uitgegee word.

Dit bevat inligting oor politiek en aktuele gebeurtenisse. Die eerste uitgawe is in 1923 gedruk. Dit word besit deur Time Inc., 'n filiaal van die mediamaatskappy Time Warner.

Time
Tydskrif Time

Redakteur Nancy Gibbs
Kategorieë Nuustydskrif
Frekwensie Weekliks
Uitgewer Time Inc. (1923–90; 2014–hede)
Time Warner (1990–2001; 2003–14)
AOL Time Warner (2001–03)
Totale Oplaag 3 032 581
Eerste uitgawe 3 Maart 1923
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Taal Engels
Webwerf time.com
ISSN 0040-781X

Hulle druk ook 'n tydskrif genaamd Time For Kids, wat op kinders gemik is. Die tydskrif beslaan agt bladsye en bevat meer prente en korter artikels as die gewone uitgawe.

Spesiale uitgawes

Persoon van die jaar-uitgawes

Die voorblad van die eerste Time op 3 Maart 1923.
Koningin Elizabeth II in 1953 op die voorblad.

Time se beroemdste kenmerk in sy geskiedenis is die jaarlikse "persoon van die jaar"- (voorheen "man van die jaar"- of soms "vrou van die jaar"-) voorbladstorie, waarin die tydskrif erkenning gee aan die individu of groep individue wat die vorige 12 maande die grootste impak op nuusgebeure gehad het. Dit word gebruik vir mense wat die gebeure van die jaar op ’n goeie óf slegte manier beïnvloed het en is dus nie noodwendig ’n eer nie. In die verlede was mense soos Adolf Hitler en Josef Stalin man van die jaar.

In 2006 is "Jy" (Engels: You) aangewys as die persoon van die jaar, ’n skuif wat gemengde reaksie ontlok het. Sommige het gedink dis ’n skeppende idee, terwyl ander ’n regte persoon van die jaar wou gehad het. Die redakteurs het agterna gedink dit was ’n fout: "Ons gaan dit net een keer doen."

In 2017 het Time "The Silence Breakers" as vroue en mans van die jaar aangewys – mense wat met persoonlike stories van seksuele teistering na vore gekom het.

Time 100

In onlangse jare het Time ’n jaarlikse lys van die 100 invloedrykste mense saamgestel. Aanvanklik was dit die 100 invloedrykste mense van die 20ste eeu. Die voorblad van dié uitgawes het gewoonlik verskeie van die mense op die lys se foto's op en ’n taamlike groot deel van die tydskrif word afgestaan aan ’n artikel oor elk van die 100 mense.

Die tydskrif het in 2005 ook uitgawes gehad wat gewy is aan "All-TIME 100 best novels" en "All-TIME" 100 best movies", in 2017 "The 100 Best TV Shows of All-TIME", en in 2012 "All-TIME 100 Fashion Icons".

In Februarie 2016 het Time die manlike Britse skrywer Evelyn Waugh ingesluit op sy lys "100 Most Read Female Writers in College Classes" (hy was 97ste op die lys), wat ander media se aandag getrek en kommer gewek het oor die vlak van basiese opvoeding onder die tydskrif se personeel. Time het later ’n terugtrekking uitgereik.

Rooi-X-voorblaaie

Vyf keer in die geskiedenis het die tydskrif ’n kruis oor die gesig of nasionale simbool op die voorblad aangebring. Die eerste keer was op 7 Mei 1945, toe ’n rooi kruis oor Adolf Hitler se gesig voorgekom het. Meer as drie maande later, op 20 Augustus 1945, is die enigste swart kruis nog aangebring oor die vlag van Japan, wat verteenwoordigend was van die land se oorgawe en die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Byna 58 jaar later het Time ’n uitgawe gepubliseer met ’n rooi kruis oor die gesig van Saddam Hoesein, op 21 April 2003, twee weke ná die inval. Op 13 Junie 2006 was daar ’n rooi kruis oor die gesig van die Jordaniese djihadis Abu Musab al-Zarqawi ná sy dood in ’n Amerikaanse lugaanval in Irak. Die mees onlangse rooi kruis was op 2 Mei 2011, ná die dood van Osama bin Laden.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Tydskrif Time Spesiale uitgawesTydskrif Time VerwysingsTydskrif Time Eksterne skakelsTydskrif TimeAktuele gebeurtenisNuusPolitiekVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrysstofSkoenlapperNierDerrickKadmiumLys van lande volgens bevolkingWaarheid-en-versoeningskommissieEkostelselGoeie VrydagKolitisBywoordAleksei NawalniGodsdiensBosluisbytkoorsSowjetunieAppelblaarPersThabo MbekiPerdWikiquoteSterrestelselLiesbreukSteenkoolE-posLily CarterPaarl GimnasiumOrthopteraIndonesiëEreksiePersentasieVyfsterOraniaBernice WestParysKuberkrakerDrama2023GeboorteBysteekOrkney Snork NieMarsGriekelandAardbewingNederlandOntbinding van die SowjetunieDagroofvoëlsDigvormEoraptorLuiperdEier (biologie)GoudBybelvertalingSlag van Cuito CuanavalePinksterAuschwitz-konsentrasiekampMadison IvyDoopRob HersovMusieksimboleVarkWikimedia-stigtingKappie (skryfteken)MiddelmisbruikDie Stem van Suid-AfrikaJerusalemTurkyeGeelslangNoord-Amerika🡆 More