Tim Noakes: Sportwetenskaplike

Timothy David Noakes (gebore 1949) is 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike en 'n emeritus-professor in die Afdeling Oefenwetenskap en Sportgeneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy is ook 'n lid van die Nasionale Navorsingstigting (Suid-Afrika), wat hom een van hul hoogstaande lede noem.

Tim Noakes: Agtergrond, Navorsing, Dieetkontroversie
Prof. Tim Noakes by West Point in 2009

Hy het meer as 70 maratons en ultramaratons gehardloop, en is die skrywer van verskeie boeke oor oefening en dieet. Hy is bekend vir sy werk in sportwetenskap en vir sy ondersteuning van 'n lae-koolhidraat-hoë-vet (LCHF)-dieet, soos uiteengesit in sy boeke The Real Meal Revolution en Lore of Nutrition: Challenging Conventional Dietary Beliefs.

Agtergrond

Noakes is in 1949 in Salisbury, Suid-Rhodesië (tans Harare, Zimbabwe) gebore en het op vyfjarige ouderdom na Suid-Afrika verhuis. Sy vader het in 1946 in die destydse Suid-Rhodesië aangekom en 'n suksesvolle onderneming vir tabakuitvoer gestig wat hy in 1954 verkoop het. As jong seun was sy belangrikste sportbelangstelling krieket. Noakes was sedert 7-jarige op kosskool by die Monterey Preparatory School in Constantia, Kaapstad, gevolg deur hoërskoolstudie aan Diocesan College (Bishops). Hy het 'n MBChB (1974), MD (1981) en DSc (Med) (2002) verwerf.

In 1980 kry Noakes die taak om 'n kursus vir sportwetenskap aan die Universiteit van Kaapstad te begin. Noakes het aan die hoof gestaan van die Mediese Navorsingsraad- gefinansierde Bioenergetika van Oefening-navorsingseenheid, wat later verander is na die MRC / UCT Navorsingseenheid vir Oefenwetenskap en Sportgeneeskunde.

In die vroeë negentigerjare stig Noakes saam met die voormalige Springbokrugbyspeler Morné du Plessis die Sports Science Institute of South Africa.

Hy is 'n toonaangewende navorser oor die toestand wat nou bekend staan as oefengeassosieerde hiponatremie (EAH). Hy het hierdie toestand vir die eerste keer by 'n vroulike hardloper tydens die Comrades-maraton van 1984 herken, en sy bevindings in 1985 in die tydskrif Medicine and Science in Sports and Exercise gepubliseer. Noakes het in Mei 2005 die eerste internasionale konferensie vir konsensusontwikkeling oor hiponatremie in Kaapstad aangebied. 

Dieetkontroversie

Noakes is 'n voorstander van 'n lae-koolhidraat-hoëvetdieet, wat in Suid-Afrika dikwels die "Noakes"- of "Banting"-dieet genoem word. Noakes het ander gesondheidspersoneel se algemene advies oor dieet as 'volksmoord' gebrandmerk.

Uitgesoekte publikasies

Noakes het verskeie boeke geskryf waarin hy sy navorsing oor sportwetenskap en voeding uiteensit.

  • The Lore of Running (1986)
  • Running Injuries: How to Prevent and Overcome Them (1990)
  • Bob Woolmer's Art and Science of Cricket (2008)
  • Challenging Beliefs: Memoirs of a Career (2012).
  • Waterlogged: The Serious Problem of Overhydration in Endurance Sports (2012)
  • The Real Meal Revolution (2014)
  • Raising Superheroes (2015)
  • Lore of Nutrition: Challenging Conventional Dietary Beliefs, met Marika Sboros (2017)
  • Real Food On Trial: How the diet dictators tried to destroy a top scientist, met Marika Sboros (2019)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Tim Noakes AgtergrondTim Noakes NavorsingTim Noakes DieetkontroversieTim Noakes Uitgesoekte publikasiesTim Noakes VerwysingsTim Noakes Eksterne skakelsTim NoakesEmeritaatProfessorSuid-AfrikaanseUniversiteit van Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Joodse feeste en herdenkingsWhatsAppBySkooluniformWetenskaplike metodeNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGregoriaanse kalenderDonkieDierOssewaHolocaustKletsrymRob HersovDesmond TutuOranje-VrystaatVoedingInligtingNiersteenMieliestronkStaatstoelaeAkuutOnderwysNG gemeente JansenvillePad na jou hartInentingGreen PornoKlem-in-die-kaakKaapse florarykSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994GoogleGroepsgebiedewetMuskietPaddaReg tot ‘n gesonde omgewingUnited Democratic FrontEkologieKankerVaginale kankerKaartStaalBynierSoweto-opstandEmo AdamsSpelerposisies in rugbyJuan Antonio VillacañasDiatomiese molekuulMIV/vigs in Suid-AfrikaMadison IvyVoëlYsterNarsismePlantGeelsugMonopolyLBreinkaartLeonardo da VinciAfkappingstekenRassisme in AfrikaRassismeDarwinismeWet op NaturellengrondRymNieuwoudtvilleVloeistofLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHipoteseAgtergrond (narratief)OogAarde se atmosfeerSkaakNazi-DuitslandWater (molekuul)Vlekvrye staalGasBrandmondsindroom🡆 More