Tiber

Die Tiber (Latyn: Tiberis; Italiaans: Tevere, ) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Italië.

Die rivier, met 'n lengte van 406 km, is die derde langste rivier in Italië na die Po en Adige.

Tiber
Die Tiber in Rome, Italië.
Die Tiber in Rome, Italië.
Die Tiber in Rome, Italië.
Tiber

Die stroomgebied van die Tiber.

Oorsprong naby Berg Fumaiolo, Verghereto, Emilia-Romagna, Italië
Apennyne
Monding tussen Ostia en Fiumicino, Italië
Tirreense See (Middellandse See)
Stroomgebied Italië
Lengte 406 km (252 myl)
Oorspronghoogte 1 268 m (4 160 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 239 m³/s (8 400 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 17 375 km² (6 709 myl²)

Die Tiber ontspring in die Apennyne naby Berg Fumaiolo by Verghereto in die streek Emilia-Romagna van Italië. Aansluitend vloei die Tiber in 'n suidelike rigting deur die streke Toskane, Umbrië en Latium, voordat hy die Italiaanse hoofstad Rome bereik. Net wes van Rome mond die rivier tussen Ostia en Fiumicino in die Tirreense See (Middellandse See) uit.

Die Tiber was van oudsher die natuurlike verkeersaar van Latium en sy monding die ankerplek vir seevaarders langs 'n kus wat arm aan natuurlike hawens is. In die vroeë Romeinse periode het die rivier daarnaas 'n natuurlike grens tussen Latynsprekende Romeine en Etruskers in die noorde gevorm.

Geskiedenis

Tiber 
Romeinse beeldhouwerk van die Tiber as Romeinse god Tiberinus
Tiber 
Pouse Formosus en Stefanus VI tydens die "kadawersinode"

Die Tiber speel sedert die beweerde stigting van die stad Rome deur die tweelingbroers Romulus en Remus in 753 v.C. 'n belangrike rol in die Romeinse geskiedenis. Dit begin reeds met hul blootstelling in 'n mandjie aan die Tiber.

Die Tiber het van die begin af die stad Rome met die hawestad Ostia (tans ter onderskeiding van die moderne nedersetting Ostia Antica genoem) aan die Middellandse See verbind. Tydens die Puniese Oorloë in die 3de eeu v.C. het Ostia Rome se vernaamste vlootbasis begin vorm en later die belangrikste hawe vir die invoer van koring, olyfolie en wyn uit die Romeinse kolonies rondom die Middellandse See geword. Die Tiber was ook 'n deel van die Romeinse rioolstelsel en veroordeelde kriminele is dikwels in die rivier gegooi.

Tydens die Slag van die Milviaanse brug op 27 Oktober 312 het Konstantyn die Grote sy medekeiser Maxentius verslaan en toe alleenheerser van die Romeinse Ryk geword. Vervolgens het Maxentius met sy swaar wapenrusting in die Tiber geval en verdrink. Hierdie gebeurtenis was vir die Christendom se opkoms in die Romeinse Ryk van kardinale belang.

Tydens die "Kadawersinode" in 897 is die lyk van Pous Formosus op bevel van Pous Stefanus VI (VII) opgegrawe en toe in die rivier gegooi. 'n Monnik het die lyk uit die rivier gehaal en begrawe. In November 897 het Pous Theodorus II die besluite van die kadawersinode geannuleer en Formosus in die Sint Pieterskerk laat begrawe. Later het Pous Sergius III die lyk weer laat opgrawe, dit laat onthoof en weer in die Tiber gegooi.

Die toegeslikte kanaal van Trajanus, wat Rome, die Tiber, die Middellande See en die hawe Porto met mekaar verbind het, is in 1612 deur Pous Paulus V heropen en bestaan tot vandag toe. Paulus V het ook antieke akwadukte laat herstel.

Omdat die Tiber met Rome geïdentifiseer word, het die uitdrukkings "deur die Tiber swem" en "die Tiber oorsteek" die Protestantse snelskrifterm vir die bekering tot die Rooms-Katolieke geloof geword. Dit is veral algemeen indien die bekeerling 'n Anglikaan is, en die teenoorgestelde word as "swem deur die Teems" en "die Teems oorsteek" beskryf.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AdigeItaliaansItaliëLatynPo (rivier)Rivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Industriële RevolusieSpoorvervoer in Suid-AfrikaWillie JoubertNapoleon BonaparteVaginale kankerSkoenlapperLys van myne in Suid-AfrikaAborsie in Suid-AfrikaGemeenskapHondGroot vyfGevolge van aardverwarming op oseaneKewerJaco JacobsKlereNoag se arkOligopolieSeegolfVennootskapHartMona LisaYstertydperkHoenderJacques LootsMarie AntoinetteAlliterasieReg tot ‘n gesonde omgewingWoordeskatRenosterSkuinsstreepResensiePoesImpakte van toerismeStikstofAnale seksWaterbesoedelingCorioliskragGeweldRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Weer (meteorologie)InternetWynand du ToitMusiekKapitalismeVraag en aanbodRenaissanceBipolêre gemoedsteuringLuiperdVerkleinwoordApartheidSebraWikipediaBank (finansiële instelling)SatellietTweede VryheidsoorlogOlimpiese SpeleLionel MessiLoftus MaraisOm-te-infinitiefkonstruksieDesmond TutuVarkLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMangelontstekingUKhahlamba-DrakensbergparkStaalStokely CarmichaelToringWoordUnited Democratic FrontRegeringVerlede tydOnderwerp (taalkunde)Diatomiese molekuulBeeldspraakJeanette FerreiraAdolf Hitler🡆 More