Thuli Madonsela

Thulisile (Thuli) Nomkhosi Madonsela (28 September 1962, Soweto) is 'n Suid-Afrikaanse advokaat en voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.

Thuli Madonsela

Ampstermyn
19 Oktober 2009 – 14 Oktober 2016
Vise Kevin Malunga
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Lawrence Mushwana
Opgevolg deur Busisiwe Mkhwebane

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 September 1962 (1962-09-28) (61 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van Swaziland
Universiteit van die Witwatersrand
Religie Christen

Sy behaal 'n graad in die regte aan die Universiteit van Swaziland (nou Eswatini) in 1987 en 'n LLB aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Sy is op 19 Oktober 2009 vir 'n 7-jaartermyn as Openbare Beskermer benoem deur president Jacob Zuma, wat eenstemmig deur die parlement bevestig is. Sy is op 14 Oktober 2016 deur Busisiwe Mkhwebane opgevolg.

Korrupsie beveg

Sy sien haar amp as 'n belangrike faktor in die stryd teen die korrupsie wat wydverspreid is in die privaat- en openbare sektor. In 'n toespraak by die 13de Internasionale Wynland-konferensie op 3 April 2012 het sy dit met kanker vergelyk en gesê dat daar drie faktore nodig is om dit te beveg.

  1. Versterking van die openbare verantwoordbaarheid
  2. Deursigtigheid
  3. 'n Einde aan die wetteloosheid.

Nkandla

Sy het in Maart 2014 nuus gemaak met haar verslag oor die opgraderings aan president Zuma se nedersetting in Nkandla. Sy het bevind dat Zuma onbehoorlik daaruit gebaat het en dat hy 'n redelike bedrag daarvan moet terugbetaal aan die staat. Die minister van polisie, Nathi Nhleko, het egter verklaar dat Zuma se regte geskend is en dat Zuma geen sent van die R246 miljoen moes terugbetaal nie.

Op 31 Maart 2016 het dit gelei tot 'n hofsaak in die Grondwethof van Suid-Afrika wat deur die DA en die EFF gebring is. Een aspek van hierdie saak was die magte van die Openbare Beskermer. President Zuma het haar verslag afgemaak as bloot 'n mening wat nie bindend is op hom nie. Hierdie mening is veral gebaseer op 'n uitspraak van die Hooggeregshof (saak 12497/2014) in Kaapstad in 'n hofsaak tussen die DA en die SABC, wat lui:

Thuli Madonsela  The powers and functions of the Public Protector are not adjudicative. Unlike courts, the Public Protector does not hear and determine causes
Thuli Madonsela 

Dit het tot groot debat gelei oor watter magte die Openbare Beskermer het.

Op 31 Maart 2016 het die Grondwetshof egter 'n uitspraak gelewer wat die Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer bindend verklaar het. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het namens die hof se 11 regters verklaar dat Zuma se weiering om Madonsela se verslag uit te voer "nie ooreenstem met die grondwet nie".

Huurmoordenaars

Op 8 Mei 2016 het Madonsela bekend gemaak dat daar glo 'n bedrag van R740 000 aan 'n prominente Wes-Kaapse bendeleier betaal is om haar te vermoor.

Staatskaping

Haar finale verslag, State of Capture, is vrygestel soos haar 7-jarige ampstermyn in Oktober 2016 tot 'n einde gekom het. Dit het bewyse van wydverspreide staatskaping ingesluit, waaronder die Guptafamilie se onbehoorlike invloed op president Jacob Zuma. Madonsela het die president opdrag gegee om 'n regterlike kommissie van ondersoek aan te stel, onder leiding van 'n regter wat deur die Hoofregter aangewys word. Zuma het die verslag "politieke propaganda" genoem en dit in die hof betwis, maar die Hooggeregshof het die uitdaging in Desember 2017 afgewys en bevind Zuma moet die remediërende aksies binne 30 dae implementeer en het 'n persoonlike kostebevel teen Zuma gemaak.

Verwsyings

Voorafgegaan deur
Lawrence Mushwana
Openbare Beskermer van Suid-Afrika
2009–2016
Opgevolg deur
Busisiwe Mkhwebane

Tags:

Thuli Madonsela Korrupsie bevegThuli Madonsela NkandlaThuli Madonsela HuurmoordenaarsThuli Madonsela StaatskapingThuli Madonsela VerwsyingsThuli Madonsela196228 SeptemberAdvokaatOpenbare BeskermerSowetoSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erfenisdag (Suid-Afrika)BoelieryKonsentrasiekampAanval op Pearl HarborDigvormCyril RamaphosaIntensiewe vormEsmé EuvrardInternetStollingsgesteenteKondensasieSelfoonWatersuiweringWoestynMierSkaakKabinet van Nelson MandelaMisdaadromanAntieke EgipteSpysverteringstelselLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGenadedoodOrale seksKindermishandelingBreedtegraadSenuweestelselPortugeesByeboerderyMadison IvyUitwerking van klimaatsveranderingToringSuid-Afrikaanse GrensoorlogNierversakingErfenisVryheidsdagGasProteïenKasteel die Goeie HoopWinnie Madikizela-MandelaGevolge van aardverwarming op oseaneGeboorteSeksuele opwekkingCarles PuigdemontLys van chemiese elemente volgens atoomgetalBloedgroepRenaissanceMantisVolhoubaarheidTierWet op NaturellengrondDuitse maselsCholesterolWaterbesparing in Suid-AfrikaSonpaneelOrtopedieBraaiGeslagKompasNoFapMaanstilstandLionel MessiUnited Democratic FrontJak de PriesterOutismeMusiekSkilpadLys van Afrikaanse rolprenteKlimaatsverandering in AfrikaVarkgriepGeskiedenis (vakgebied)TuisbladCorioliskragLyfstraf in skoleSelfieKookpuntLettergreep🡆 More