Thomas Becket

Thomas Becket (1118–1170) was ’n Britse priester wat die aartsbiskop van Kantelberg geword het.

Hy het ’n ernstige appeltjie te skil gehad met koning Hendrik II van Engeland, en dié het glo gesê: "Who will rid me of this turbulent priest?" As gevolg daarvan het van die koning se soldate Becket in 1170 in die Kantelbergse katedraal om die lewe gebring.

Thomas Becket
Thomas Becket

Afbeelding op een van die vensterrame van die katedraal van Kantelberg.
Gebore 21 Desember ca. 1119, Cheapside, Londen
Sterfte 29 Desember 1170, Kantelberg-katedraal, Londen, Engeland
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk, Anglikaanse Gemeenskap
Saligverklaring 21 Februarie 1173, Sint Pieterskerk in Segni deur Pous Alexander III
Heiligverklaring 21 Februarie 1173, Sint Pieterskerk in Segni deur Pous Alexander III
Pelgrimsoord Kantelberg-katedraal
Feesdag 29 Desember
Attribute Swaard, marteling, geklee in kanselier se kleed en nek ketting
Beskermheilige Exeter-kollege in Oxford, Portsmouth; Abdy van Arbroath; sekulêre geestelikes

Lewensloop

Thomas Becket 
Die moord op Thomas Becket.

Thomas Becket is op 21 Desember in ongeveer 1119 in Cheapside, Londen gebore. Sy pa was 'n Normandiese koopman gewees. Op 16-jarige ouderdom vertrek hy na Parys om teologie te studeer.

In 1154 word hy die aartsdiaken en in 1155 kanselier van koning Hendrik II van Engeland. Gedurende die tyd ontwikkel daar 'n vriendskap tussen Becket en die koning en hy word in 1162 die aartsbiskop van Kantelberg. In 1164 onderwerp die koning die kerk aan sy mag. Becket stem aanvanklik hiertoe in, maar besluit later tot die koning se ontsteltenis daarteen.

Die koning probeer om van Becket ontslae te raak en beskuldig hom van finansiële wanpraktyke tydens sy kanselierskap. Hy word in 1164 gedagvaar, maar beroep hom op die pous. Slegs die pous kon regspraak oor 'n kardinaal lewer. Becket vlug na die vasteland, waar hy in die abdy van Pontigny aanbly. Hy het die steun van pous Alexander III geniet, maar die pous kon nie help nie, omdat hy self in 'n moeilike situasie was weens die onmin met die Duitse keiser Frederik Barbarossa en teenpous Paschalis III.

In 1170 tree pous Alexander wel op, nadat die koning sy seun deur die aartsbiskop van York laat kroon, en nie deur Thomas, die aartsbiskop van Kantelberg nie. Die pous dwing Hendrik om 'n kompromie met Becket aan te gaan, wat hom toelaat om na Engeland terug te keer. In dieselfde jaar neem vier Normandiese ridders 'n versugting van die koning letterlik op, waarna hulle Becket in die katedraal van Kantelberg vermoor. Nicolas de Camargue, 'n bode wat deur Hendrik gestuur is, daag te laat op om die drama te voorkom.

Koning Hendrik II doen op 21 Mei 1172 in Avranches boete vir die moord op Becket, en sluit hier ook die sogenaamde "Ooreenkoms van Avranches" met die kerk. In 1174 verklaar Pous Alexander III hom heilig.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Aartsbiskop van KantelbergHendrik II van EngelandKantelberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeroerteSeisoenKrugerwildtuinWaarheid-en-versoeningskommissieNaaldekokerBTWSekondêre sektor van die ekonomieTuisbladGroot GatWikiSportAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePeriodieke tabelSimboolReënGregoriaanse kalenderLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOlimpiese SpeleLetterkundeVoorsetselLuiperdLyfstraf in skoleHamburgerAkademiaSendelingposisieFossielbrandstofMenseregtedagMierNeerslagKasterolieJakkalsEngelsLetterlike en figuurlike taalgebruikBewaringstatusKnopiespinnekopCheslin KolbePinksterDemokratiese Republiek die KongoEkologieAluminiumMikro-ekonomieKatoenRacheltjie de BeerJavaScriptElon MuskJan-Willem BreureHulpwerkwoordMondGeskiedenis van AfrikaansPoësieCovid-19-pandemieVersamelnaamEerste WêreldoorlogKankerLys van Afrikaanse skrywersMaroela MediaEienaamNederlandEnkelvoudige sinKonflik (proses)MiddelmisbruikVakbondOlifantItaliëLys van Afrikaanse rolprenteNiersteenWitbloedsel3D-rolprentSirkelTaalfossielSuid-Afrikaanse randKartografieBrandmondsindroomAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAfvalbestuurJohannesburgSink🡆 More