Theo-Ben Gurirab (23 Januarie 1938 – 14 Julie 2018) was 'n Namibiese politikus wat tussen 2002 en 2005 as eerste minister van Namibië gedien het.
Voorheen was hy tussen 1990 en 2002 minister van buitelandse sake en in daardie tyd was hy tussen 1999 en 2000 voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Hy was vanaf 2005 tot 2015 die speaker van die Nasionale Vergadering van Namibië.
Theo-Ben Gurirab | |
Theo-Ben Gurirab in 2006 | |
Speaker van die Nasionale Vergadering | |
Ampstermyn 20 Maart 2005 – 20 Maart 2015 | |
President | Hifikepunye Pohamba |
---|---|
Eerste minister | Nahas Angula (2005–2012) Hage Geingob (2012–2015) |
Voorafgegaan deur | Mose Penaani Tjitendero |
Opgevolg deur | Peter Katjavivi |
Ampstermyn 28 Augustus 2002 – 20 Maart 2005 | |
Vise | Hendrik Witbooi |
President | Sam Nujoma |
Voorafgegaan deur | Hage Geingob |
Opgevolg deur | Nahas Angula |
Minister van Buitelandse Sake | |
Ampstermyn 21 Maart 1990 – 26 Augustus 2002 | |
President | Sam Nujoma |
Eerste minister | Hage Geingob |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Hidipo Hamutenya |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Usakos, Erongo, Suidwes-Afrika | 23 Januarie 1938
Sterf | 14 Julie 2018 (op 80) Windhoek, Namibië |
Politieke party | SWAPO |
Eggenoot/-note | Joan Guriras |
Kind(ers) | 2 |
Religie | Christendom |
Gurirab is in Usakos in die Erongo-streek gebore. In 1960 behaal hy aan die Augustineum Training College in Okahandja 'n onderwysdiploma en tydens sy ballingskap in die Verenigde State van Amerika het hy in 1964 met 'n graad in politieke wetenskap by die Temple Universiteit in Pennsilvanië gegradueer.
Tydens sy ballingskap tussen 1962 en 1989 was hy mede-verteenwoordiger van die SWAPO-sending na die Verenigde Nasies en vanaf 1964 en 1972 die Verenigde State van Amerika asook tussen 1972 en 1986 destydse hoof van die SWAPO-sending na die Verenigde Nasies. Daarna was hy vanaf 1986 tot 1990 SWAPO se sekretaris van buitelandse sake.
Hy was 'n SWAPO-lid van die grondwetgewende vergadering wat in plek was van November 1989 tot Maart 1990, onmiddellik voor onafhanklikheid, en die "sleutel-opsteller" van Namibië se grondwet. Sedert 1990 was hy 'n lid van die Nasionale Vergadering, sowel as die Sentrale Komitee en Politburo van SWAPO. Hy was minister van buitelandse sake vanaf die onafhanklikheid in 1990 totdat hy op 27 Augustus 2002 deur president Sam Nujoma as eerste minister aangestel is om Hage Geingob te vervang.
Terwyl hy as minister van buitelandse sake gedien het, is hy op 14 September 1999 verkies as die voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies; hierdie amp het hy tot September 2000 beklee.
Na aanleiding van die 2004-verkiesing is Gurirab op 20 Maart 2005 as Speaker van die Nasionale Vergadering aan die begin van die nuwe parlementêre termyn verkies.
Hy het die sesde hoogste aantal stemme (377) in die verkiesing tot die sentrale komitee van SWAPO by die party se kongres in Augustus 2002 verkry. Hy was weer een van die hoogste tellingskandidate in die verkiesing tot die Sentrale Komitee op SWAPO se kongres in November 2007.
Vanaf 2008 tot 2011 was Gurirab die president van die Inter-Parlementêre Unie (IPU), 'n internasionale organisasie van parlemente van soewereine state.
Gurirab is in die parlementêre verkiesing van November 2009 herkies tot die Nasionale Vergadering, waarin SWAPO 'n groot meerderheid van die setels behou het. Wanneer die LP hul sitplekke vir die nuwe parlementêre termyn op 19 Maart 2010 opgeneem het, het hulle eenparig Gurirab herkies tot sy pos as Speaker van die Nasionale Vergadering. Tydens sy toespraak op daardie geleentheid het Guiriab die belangrikheid van die grondwet beklemtoon: "As een van die skrywers, onder die langsdienende openbare amptenare en stigters van ons republiek, weet ek van die hoogste visie wat die grondwet maak voorsien vir Namibië, asook die belofte van nasionale eenheid, versoening, demokrasie, die oppergesag van die reg, menswaardigheid, sosio-ekonomiese bevryding en die verbintenis van die winste van ons lang en bitter stryd om bevryding en onafhanklikheid te beskerm."
Voorafgegaan deur Mose Penaani Tjitendero | Speaker van die Nasionale Vergadering 2005–2015 | Opgevolg deur Peter Katjavivi |
Voorafgegaan deur Hage Geingob | Eerste minister van Namibië 2002–2005 | Opgevolg deur Nahas Angula |
Voorafgegaan deur Nuwe amp | Minister van Buitelandse Sake 1990–2002 | Opgevolg deur Hidipo Hamutenya |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Theo-Ben Gurirab, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.