The Matrix
The Matrix: 1999 Australiese-Amerikaanse film
The Matrix is 'n Amerikaanse film wat in 1999 vrygestel is, onder regie van die Wachowski's.
The Matrix | |
---|---|
![]() | |
Regisseur | Andy en Larry Wachowski |
Produksieleier | Joel Silver |
Draaiboek | Andy en Larry Wachowski |
Met | Keanu Reeves Laurence Fishburne Carrie-Anne Moss Hugo Weaving Joe Pantoliano |
Musiek deur | Don Davis |
Kinematografie | Bill Pope |
Redigeerder | Zach Staenberg |
Ateljee | Village Roadshow Silver Pictures |
Verspreider | Warner Bros. |
Uitgereik | 31 Maart 1999 |
Speeltyd | 136 min |
Land | ![]() ![]() |
Taal | Engels |
Begroting | VS$ 63 miljoen |
Bruto wins | VS$ 463,517,383 |
Opgevolg deur | The Matrix Reloaded |
IMDb-profiel |
Genre
Hoofrolspelers
- Keanu Reeves (Neo, Thomas Anderson)
- Laurence Fishburne (Morpheus)
- Carrie-Anne Moss (Trinity)
- Hugo Weaving (Agent Smith)
Verhaal
Die verhaal gaan oor 'n jong rekenaarprogrammeerder, met 'n tweede lewe as 'n kuberkraker met skuilnaam "Neo", wat op soek is na die ware natuur van realiteit. Hy word deur Morpheus en Trinity ingelig dat alles wat hy gedink het "realiteit" is, eintlik 'n soort rekenaarprogram is; die matriks. Neo (Keanu Reeves) kom in aanraking met 'n groep wat glo dat hy die Een persoon is wat die mensdom kan red uit hierdie rekenaarprogram. Die heersers van die program staan bekend as agente wat wil voorkom dat Neo die mensdom moet bevry.
Toekennings
Die film kry Oscars vir beste redigering, klankversorging en visuele effekte. 'n Belangrike visuele tegniek wat gebruik word staan bekend as "bullet-time". Dieselfde toneel word met 'n aantal kameras gelyk afgeneem om 'n illusie van tydvertraging te gee.
Na die sukses van die eerste film, was daar twee opvolg films - The Matrix Reloaded en The Matrix Revolutions, beide vrygestel in 2003. Laasgenoemde twee films het egter nie daarin geslaag om soveel aanklank by aanhangers van die oorspronklike film te vind nie.[1]
Verwysings
- ↑ Volgens die Internet Movie Database het 257 899 kykers die eerste film 8,6 uit 10 gegee; die tweede film is deur 103 634 kykers 'n 7 uit 10 toegeken en die derde het 6,4 uit 10 behaal, afkomstig van 82 178 kykers.
This article uses material from the Wikipedia article The Matrix, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (duhoctrungquoc.vn) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.