Thanksgiving

Thanksgiving of Danksegging , is 'n tradisionele Noord-Amerikaanse vakansiedag wat as 'n soort oesdankfees gevier word.

Thanksgiving of Danksegging (Action de grâce in Franssprekende Kanada), is 'n tradisionele Noord-Amerikaanse vakansiedag wat as 'n soort oesdankfees gevier word. Die datum en oorsprong van die eerste Dankseggingfeesviering bly omstrede, maar die eerste gedokumenteerde Dankseggingfees is op 8 September 1565 in die huidige St. Augustine (deelstaat Florida) gehou.[1] Alhoewel navorsing reeds die teendeel bewys het, word daar nog dikwels na die feesviering, wat in 1621 by die Plymouth-plantasie in die gelyknamige kolonie plaasgevind het, as die eerste Danksegging verwys.

Die eerste Danksegging. Geïdealiseerde skildery deur Jean Leon Gerome Ferris (1863-1930)

Deesdae word Danksegging in Kanada op die tweede Maandag in Oktober en in die Verenigde State op die vierde Donderdag in November gevier. Die tradisionele Dankseggingsete vind saans as 'n familiebyeenkoms plaas en bied geleentheid vir dankbetuigings en die uitspreek van wense.

Verwysings

This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Thanksgiving, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.

In other languages:

/** SHOW / HIDE SECTION**/function mfTempOpenSection(getID) {var x = document.getElementById("mf-section-"+getID); if (x.style.display === "none") { x.style.display = ""; } else { x.style.display = "none"; }}