Termiese straling is die elektromagnetiese straling vanaf 'n materiaal weens die hitte van die spesifieke materiaal, waarvan die eienskappe bepaal word deur die temperatuur.
'n Voorbeeld van termiese straling is die infrarooistraling deur 'n gewone huishoudelike elektriese verwarmer. 'n Persoon wat voor 'n braaivleisvuur staan kan die hitte van die kole aanvoel, selfs al is die omgewing baie koud. Termiese staling word gegenereer wanneer hitte van die beweeglike ladings in die materiaal omgeskakel word in elektromagnetiese straling. Sonskyn, of sonstraling, is termiese straling vanaf die son se uitermatige warm gasse wat die aarde verwarm. Die aarde straal ook termiese straling uit, maar teen 'n baie laer intensiteit weens die koeler oppervlakte. Die balans tussen verwarming deur inkomende sonstraling en die verkoeling deur die aarde se uitgaande straling is die primêre proses wat die aardoppervlakte se temperatuur reguleer.
Indien die voorwerp 'n swartliggaam in termodinamiese ewewig is, word die straling wat die voorwerp uitstraal swartliggaamstraling genoem. Die uitgestraalde golffrekwensie van die swartliggaam se termiese straling word beskryf deur 'n waarskynlikheidsverspreiding wat slegs temperatuurafhanklik is, en vir 'n ware swartliggaan in termodinamiese ewewig word dit gegee deur Planck se Wet van Straling. Wien se Wet gee die mees waarskynlike frekwensie van die straling, en die Stefan-Bolzmann Wet gee die stralingsintensiteit.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Termiese straling, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.