Weekblad Tempo

Tempo was 'n onafhanklike weekblad wat elke week sedert 11 September 2008 op Vredendal in die Wes-Kaap uitgegee is tot omstreeks 2010.

Weekblad Tempo
Die weekblad Tempo se mashoof.
Weekblad Tempo
'n Voorblad.

Ontstaan

Ná 'n uitgerekte regstryd met een van die land se grootste mediagroepe, is een van die beslote korporasies wat by die Swartland en Weskus Herald betrokke was, in 2008 gelikwideer. Dit het meegebring dat die laaste uitgawe op 4 September 2008 verskyn. Net die volgende week is 'n nuwe weekblad gebore, naamlik Tempo.

Verspreiding

Tempo is elke Donderdag in die hele gebied van die Weskus-distriksmunisipaliteit versprei. In die Swartland sluit dit dorpe soos Malmesbury, Moorreesburg en Darling in, in Saldanhabaai Vredenburg, Saldanha, Langebaan en Hopefield, in die Bergrivier se munisipale gebied op Velddrif, Laaiplek, Redelinghuys, Piketberg en Porterville, in die Cederberg op Lambertsbaai, Citrusdal en Clanwilliam en in Matzikama op Vredendal, Lutzville, Klawer en Vanrhynsdorp.

Personeel

Soos by enige tipies plattelandse weekblad, doen Tempo se personeel "iets van alles". Verslaggewers neem ook foto's, lê bladsye uit en lewer koerante af. Laasgenoemde strek tot die koerant se voordeel, want nie alleen kom hulle so van nuusgebeure te hore nie, maar hulle bly ook in aanvoeling met verkoopstendense: As hulle met 'n dorp se nuusdekking laat slaplê, word hulle gou bedag van 'n afwaartse neiging in verkope op die bepaalde dorp. Die personeel het met die eerste uitgawe bestaan uit uitgewer Gerard Grobler, verslaggewers Morné van Rooyen (Swartland, Saldanhabaai en Velddrif), Ilna Grobler (Bergrivier), Tossie Engelbrecht (Matzikama), Elizna Mouton (Cederberg), grafiese kunstenaar Esmarelda Seroon en bemarker Thea Smit.

Kantore

Tempo het 'n kantoor op Vredendal en op Porterville gehad, maar ook 'n sterk teenwoordigheid aan die Weskus.

Mededinging

Met die konsolidering van gemeenskapskoerante binne die groot mediagroepe soos Independent Newspapers, Media24 en Caxton, het daar min plekke in Suid-Afrika oorgebly waar twee weekblaaie op dieselfde plek, op dieselfde dag om die dieselfde mark meeding. Tempo maak van die Weskusstreek 'n noemenswaardige uitsondering. Op Malmesbury ding hy mee met die Media24-weekblad Swartlander, in Saldanhabaai en op Velddrif met die Media24-weekblad Weslander en in Matzikama en Cederberg met die onafhanklike Ons Kontrei.

Redaksionele beleid

Tempo poog, soos sy voorganger, om 'n polities neutrale standpunt te handhaaf, hoewel die koerant nie skroom om standpunt in te neem oor kwessies van gemeenskapsbelang nie.

Tags:

Weekblad Tempo OntstaanWeekblad Tempo VerspreidingWeekblad Tempo PersoneelWeekblad Tempo KantoreWeekblad Tempo MededingingWeekblad Tempo Redaksionele beleidWeekblad Tempo11 September2008KoerantVredendalWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RuslandFiksieVingerseksAfrikaansKweekhuiseffekWebblaaierStikstofMetaalAfrikanersAnneli van RooyenAntoniemRooilipslangKindermishandelingHamilton WesselsMynbouSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMaanOrgasmeRutenium(III)chloriedAgtervoegselHelga UysEmfiseemNylrivierSias ReineckeAalwynBloemfonteinNeurenberg-verhoreTandbederfAppelWet op Bantoe-onderwysPêrelBosluisbytkoorsMaagdelikheidWynand StrydomJohannesburgSonErosietipesGalblaasPoësieKriekAarde se atmosfeerGeskiedenis van Suid-AfrikaRepubliek van Zoid AfrikaGeestesteuringNedersettingSwemBlourokkeInstagramHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVratVerkragtingAKunsmatige algemene intelligensieTafelbergAngssteuringJodeKragopwekkingKookpuntDeelstate van die Verenigde State van AmerikaTwaalf Stamme van IsraelBreingewasHoofkarakterDramaVlekvrye staalVaginale kankerBreinAnton GoosenRenaissanceBestaansboerderyHartaanvalGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRenosterTussenwerpselLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Armoede🡆 More