Teenpous Nicolaas V

Nicolaas V gebore Pietro Rainalducci was 'n teenpous in die Rooms Katolieke Kerk van 12 Mei 1328 tot 25 Augustus 1330.

Hy was 'n teenpous teen Pous Johannes XXII wat vanuit Avignon, Frankryk geheers het. Nicolaas het in Rome regeer. Hy was die laaste teenpous wat deur 'n heilige Romeinse keiser geïnstalleer is.

Teenpous Nicolaas V
Geboortenaam Pietro Rainalducci
Geboorteplek Corvaro by Rieti
Geboortedatum ongeveer 1275
Sterfdatum 16 Oktober 1333
Sterfplek Avignon
Teenpous van Pous Johannes XXII
Begin van pontifikaat 12 Mei 1328
Einde van pontifikaat 25 Augustus 1330

Biografie

Pietro is gebore in Corvaro, 'n ou burg naby Riete in Lazio. In 1310 skei hy van sy vrou en word monnik by die Franciskane. Deur die invloed van die geëkskommunikeerde keiser Lodewyk IV die Beier word hy op 12 Mei 1328 tot pous verkies en in die Sint Pieterskerk in Rome gekroon deur die biskop van Venesië.

Na vier maande in Rome trek hy saam met keiser Lodewyk na Viterbo en later na Pisa. Op 19 Februarie 1329 veroordeel Nicolaas offisieel vir pous Johannes XXII op die Campo di Miracoli plein in Pisa.

In 1329 word Nicolaas geëkskommunikeer deur pous Johannes en Nicolaas soek beskerming by graaf Bonifatus van Donoratico by Piombino. Nadat hy 'n vrywaring verkry het bieg hy sy sondes aan die aartsbiskop van Pisa en later aan pous Johannes in Avignon. Die pous hou Nocolaas gevange in die paleis in Avignon tot aan sy dood op 16 Oktober 1333.

Die Kollege van Kardinale

Omdat Nicolaas nie 'n wettige pous was nie, is die kardinale wat hy aangestel het nie deur die Rooms-Katolieke Kerk as sulks erken nie. Hulle staan bekend as pseudo-kardinale.

Die konsistorie van 15 Mei 1328

  • Giacomo Alberti, biskop van Castello.
  • Franz Hermann, ab van die klooster van Fulda.
  • Bonifazio Donoratico, O.P., biskop van Chiron, Kreta.
  • Nicola Fabriani, O.E.S.A., provinsiale owerste van die orde.
  • Pietro Oringa.
  • Giovanni Arlotti, kanunnik van die Sint Pieters Kerk in Rome.

Die konsistorie van September 1328

  • Paolo da Viterbo, O.F.M.

Die konsistorie van 19 Januarie 1329

  • Giovanni Visconti, ab van S. Ambrogio, Milaan.

Die konsistorie van (ongeveer) 1329

  • Pandolfo Capocci, pseudo-biskop van Viterbo.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Teenpous Nicolaas V BiografieTeenpous Nicolaas V VerwysingsTeenpous Nicolaas V12 Mei1328133025 AugustusAvignonFrankrykPous Johannes XXIIRomeRooms Katolieke KerkTeenpous

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SprokieErfenisAngolese BurgeroorlogSelakantInfeksieKartografieRuslandSportMonumentOnderhandelinge om apartheid te beëindigWisselkoersAardbewingBreinvliesontstekingMassaEk is 'n Afrikaan (toespraak)WeervoorspellingTradisionele literatuurMIV/vigs in Suid-AfrikaMoslemOrthopteraJodeKoolstofdioksied1990BloeddrukKaliumMynbedryf van Suid-AfrikaBosvarkD.J. OppermanIronieKlimaatveranderingMasturbasiePoësieMantisVoornaamwoordGesonde dieetBesoedelingSwartNasionale VrouedagDruiweTrekarbeidLys van Afrikaanse rolprenteMensJohannes MeintjesIndustriële RevolusieVarkgriepSlawernyBynierGoogleGordelroosVigsErosieBeeldspraakAfrikaanse WikipediaTerracottaleërLys van elemente volgens simboolRugbyMuishondBosluisbytkoorsPlastiekSeksismeNamibiëRekenaarSwaweldioksiedIngenieursweseAnilingusMandalaMonopolieSeksGasSonpaneelAnti-inflammatoriese middelNederlandCounter-Strike 2Cholera🡆 More