Teenpous Benedictus X

Teenpous Benedictus X gebore as Giovanni Mincio was 'n teenpous van die Rooms-Katolieke Kerk aangestel deur die Tusculum-familie in die periode 1058–1059.

Teenpous Benedictus X
Geboortenaam Giovanni Mincio
Sterfdatum ongeveer 1080
Teenpous van Pous Nicolaas II
Begin van pontifikaat 5 April 1058
Einde van pontifikaat April 1059
Ander Name 1. Johannes Mincius
2. Giovanni Mincio van Tusculum
3. Giovanni Mincio van Velletri

Biografie

Giovanni Mincio is die seun van Graaf Guido (of Wido) van Tusculum en 'n broer van Pous Benedictus IX. Hy is aangestel as kardinaal-biskop van Velletri, deur Pous Leo IX in 1050. Na die dood van Pous Stefanus IX op 29 Maart 1058 word Giovanni deur sy magtige ooms Gregorio di Tusculum, Gerardo di Galeria en Ottaviano Crescenzio di Monticelli teen sy sin tot nuwe pous benoem op 5 April 1058. Verskeie kardinale het die benoeming ongeldig verklaar, maar moes uit Rome vlug.

Hildebrand van Sovana (later Pous Gregorius VII was ook 'n fel teenstander van die pouskeuse en kry die steun van die hertog van Lotharinge-Toskane en keiserin Agnes. Op Hildebrand se voorspraak word Gerard van Boergondië verkies as Pous Nicolaas II op 6 Desember 1058.

Nadat Nicolaas Benedictus afgeset en geëkskommunikeer het met die hulp van die sinode van Sutri in Januarie 1059, word Benedictus deur Nicolaas se aanhangers uit Rome verdryf. Met die hulp van troepe van die Vikings volg twee oorloë teen Benedictus totdat hy oorgee in 1059 en sy aansprake op die pousskap laat vaar. In 1060 word Benedictus gevange geset in die klooster van Sant Agnese en hy sterf in gevangeskap.

Om soortgelyke onenigheid in die toekoms te voorkom het Pous Nicolaas nuwe reëls opgestel vir die pouskeuse. Die reëls het uiteindelik daartoe gelei dat slegs die Kollege van Kardinale die nuwe pous kies.

Die kollege van kardinale

Omdat Benedictus 'n teenpous was, is die kardinale wat hy aangestel het nie deur die Rooms Katolieke Kerk erken nie. Hulle staan bekend as pseudo-kardinale.

  • Rainiero, ab van die klooster Ss. Cosma en Damiano, Rome in 1058.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Rooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkildklierWebjoernaalDriedimensioneelDemografie van Suid-AfrikaTandbederfEerste WêreldoorlogTelevisieLyfstraf in skoleNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Kaapstad se voorstedeClanwilliam-sandvisTegnologiePornografieRacheltjie de BeerPikkewynJohannes HahnSkerpioenLien se lankstaanskoeneTuisbladKoringOrgasmePriemgetalSpringbokMondCarike KeuzenkampLys van nedersettings in Suid-AfrikaWaterWaterbesoedelingStaalMonopolieMieliestronkJeuksiekteGrondsoorteKlimaatsverandering in AfrikaAardverwarmingC. Louis LeipoldtKlem-in-die-kaakMartin Luther King jr.Groot vyfProstaatkankerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Seksuele penetrasieBeroerteKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVerkleinwoordDoopOnderwerp (taalkunde)BewaringstatusPlaattektoniekPaasfeesRefentse MorakePuberteitKoperOraniaSpelerposisies in rugbyNierversakingAfleiding (taalkunde)AardbewingMosesDeelteken en umlautStadVoëlAntjie SomersOnderhandelinge om apartheid te beëindigKarlien van JaarsveldMiskruierProstaatklierSharpeville-slagtingTelefoonRumatiekFotosinteseAfrikaMaanBrittany Ashton HolmesFranse RewolusieLiesbreukDricus du Plessis🡆 More