Tasneem Motara: Suid-Afrikaanse politikus

Tasneem Motara (gebore 7 Desember 1982) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die African National Congress.

Sy dien sedert Mei 2019 as die Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur en is 'n lid van die Gauteng provinsiale wetgewer. Sy het as 'n afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies vanaf Mei 2014 en Mei 2019 gedien. Motara het vir Gauteng verteenwoordig en was die hoofsweep van die provinsiale afvaardiging.

Tasneem Motara
Tasneem Motara
Motara by haar inhuldigingseremonie in Mei 2019

Gautengse LUR vir infrastruktuuronwikkeling en eiendomsbestuur
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 Mei 2019
Premier David Makhura
Voorafgegaan deur Jacob Mamabolo

Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019

Afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies
Ampstermyn
22 Mei 2014 – 7 Mei 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore Tasneem Motara
7 Desember 1982 (1982-12-07) (41 jaar oud)
Benoni, Transvaal, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika

Vroeë lewe

Motara is op 7 Desember 1982 in Benoni, Transvaal tot 'n Indiese vader en 'n kleurling moeder gebore. Nadat sy gematrikuleer het, het sy vir 'n graad in sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika gestudeer.

Politieke loopbaan

Motara het in 2000 by die ANC-jeugliga se tak in Benoni aangesluit. Sy het al op die uitvoerende komitees van verskeie wyke en takke gedien. Sy dien tans as lid die ANC se plaaslike uitvoerende komitee in Ekurhuleni. Motara was ook aktief in die South African Students Congress.

Na die algemene verkiesing van Mei 2014 is Motara verkies om Gauteng in die Nasionale Raad van Provinsies, die hoërhuis van die Suid-Afrikaanse parlement, te verteenwoordig. Sy is as hoofsweep van die provinsiale afvaardiging aangestel. In Junie 2018 het die parlementêre moniteringsgroep 'n verslag oor die ouderdomme van parlementslede uitgereik. In die verslag is Motara aangewys as die sewende jongste parlementslid asook die jongste ANC LP van albei huise.

In die Mei 2019-verkiesing is Motara tot die Gauteng provinsiale wetgewer verkies. Sy is op 22 Mei as 'n lid van die wetgewer ingehuldig. Premier David Makhura het haar as die LUR vir infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur aangestel en sy is op 30 Mei ingesweer.

Persoonlike lewe

In Januarie 2018 het Motara aangekondig dat sy MIV-positief is. Sy het op 3 Julie 2020 vir Covid-19 positief getoets.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Tasneem Motara Vroeë leweTasneem Motara Politieke loopbaanTasneem Motara Persoonlike leweTasneem Motara VerwysingsTasneem Motara Eksterne skakelsTasneem Motara19827 DesemberAfrican National CongressGautengGauteng provinsiale wetgewerNasionale Raad van Provinsies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlereBestaansboerderyModeontwerpNiemetaalBysteekNoordwesLys van Afrikaanse televisiereekseOos-KaapWolkGrootste rampe in Suid-AfrikaPubiese hareDulcie van den BerghArmoedeverligtingEvangelies Gereformeerde KerkSonnestelselLeah van NiekerkFisioterapieHomoniemWetenskaplike klassifikasieSprokieIngrid JonkerRookgewoonteMisdaadVingerseksCutt GlasLionel MessiAntoniemMusieksimboleKaapstadVolhoubare ontwikkelingDiepaartromboseWayback MachineGriepSeksueel oordraagbare infeksieAuschwitz-konsentrasiekampVaalrivierPriemgetalMonopolieMaagdelikheidUitwerking van klimaatsveranderingOvulasieMielieAfrikanersAAprilKoperAce MagashuleAfrikaanse TaalmonumentGeestesgesondheidBloeddrukNierWeer (meteorologie)Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaTussenwerpselSelfvertroueChloorMuskietJakobAlice MunroEmfiseemFranklin D. RooseveltKoolstofdioksiedJode in Suid-AfrikaMiddeloorontstekingWindkragPastoorKongo-krisisMensLys van Afrikaanse rolprenteVerenigde KoninkrykKonsentrasiekampOseaanKoue OorlogDemi Lee MooreHannes van Wyk🡆 More