Tarentale

Tarentale (Numididae) is 'n familie van hoenderagtige voëls.

Die familie omvat 6 spesies. Tarentale kom inheems in die droë gebiede van Afrika voor. Hulle het kaal koppe met lelle en wit kolletjies op die vere. In lande soos Indië word hulle vir vleis geteel. Die vleis het 'n effense wilde smaak.

Numididae
Tarentale
Gewone tarentaal (Numida meleagris)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Numididae

Genera
  • Agelastes
  • Numida
  • Guttera
  • Acryllium

Twee tarentaalsoorte kom in Suid-Afrika voor, naamlik die gewone tarentaal en die kuifkoptarentaal.

'n Tarentaal word ook soms, veral in geselstaal, poelpetaat, poelepetaat, poelepetater, koelmetat en poelmetaan genoem. Dit is afkomstig van die Franse woorde poule (hoender) en pintade (gespikkeld).

Hulle word dikwels as mak pluimvee aangehou ter wille van hulle smaaklike vleis. Hoewel tarentale baie soos fisante (familie Phasianidae) lyk, is hulle groter; sommige kenners klassifiseer hulle nietemin onder dieselfde familie. Die meeste tarentale is grys met wit of blou kolletjies en kaal nekke. Die koppe kan wit, blou of rooi wees.

Daar is egter spesies soos die swarttarentaal (Agelestes niger) wat in Wes-Afrika voorkom en volkome swart is, terwyl die Agelestes meleagrides 'n wit bors het maar origens heeltemal swart is. Die Acryllium vulturimum, wat in Oos-Afrika voorkom, is die grootste en kleurvolste spesie: hy het lang, witgestreepte nekvere en plek-plek blou en pers vlekke op die verekleed. Sommige tarentale het kuiwe van vere of harige stoppels en ander het 'n beenagtige helm, wat baie ten opsigte van kleur en vorm wissel.

Tarentale wei gewoonlik in groot troppe, maar in die broeityd (van Oktober tot Maart in die Suidelike Halfrond) paar hulle gewoonlik af. Die wyfie lê gewoonlik 5 tot 10 eiers, wat na 'n maand uitbroei. Hulle slaap in bome, maar maak in ʼn beskutte plek op die grond nes. Hulle leef hoofsaaklik van insekte, wurms, knolle en sade en is nuttige diere vir saaiboere omdat hulle die landerye skoon hou van insekte.

Daar is 2 inheemse spesies in Suid-Afrika, naamlik die gewone of horingkoptarentaal (Numida meleagris) en die kuifkoptarentaal (Guttera edouardi). Eersgenoemde kom oor die hele land voor, maar die kuifkop word net in digte bosse langs riviere en in immergroen woude in die sentraal-oostelike en noordoostelike dele van Suider-Afrika aangetref.

Taksonomie

Sien ook

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AdolessensieKrugerwildtuinProstaatkankerSimboolPaddaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaPampoentjiesDirekte en Indirekte redeKookpuntWaterbesparing in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaDriedimensioneelMary WalkerGhanaBeurtkragPaasfeesPneumatikaCleopatra VIIMieliestronkFotosinteseFamilie (verwantskap)Koos du PlessisPolitieke partySlaginstrumentOogproblemeKaartDie GelofteLourensrivierPeach van PletzenEliza ScanlenMangelVlinderMuishondTrappe van vergelykingDepressie (gemoedstoestand)Nederduitse Gereformeerde KerkMaanstilstandHoofpynVitamienHolocaustVolhoubare ontwikkelingTafelsoutMisdaadMosambiekDikdermHartaanvalOraniaIndiëByeboerderyBukkakeApostoliese GeloofsbelydenisDemokratiese Republiek die KongoXenofobieGeslagMonargieSinoniemSelfstandige naamwoordFiksieVermenigvuldigingNelson MandelaHomoniemKaaps-Hollandse stylWaterbesoedelingMisdaadromanBreingewasMIV/vigs in Suid-AfrikaSiya KolisiHerfsBaardskeerder-spinnekopHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKatLys van elemente volgens simboolPoesAfro-AmerikanersGrond🡆 More