Tantalos

Tantalos (Grieks: Τάνταλος) was die heerser van die stad Tantalis, genoem na homself, of Sipylus, genoem na Berg Sipylus waar die stad geleë was.

Tantalos
Tantalos se straf, olieskildey deur Gioacchino Assereto (omstreeks 1640's).

Mitologie

In die Griekse mitologie was Tantalos die pa van Pelops, Niobe en Broteas, en die seun van Zeus en die nimf Plouto. Hy het later ’n inwoner geword van Tartaros, die plek in die onderwêreld waarheen die grootste oortreders gestuur is. Dis hier waar Odusseus hom gesien het.

Tantalos is aanvanklik verwelkom aan Zeus se tafel op Berg Olimpus. Daar het hy hom wangedra en godespys en nektar gesteel om aan sy mense te gee. Hy het ook geheime van die gode verklap.

Pelops

Tantalos was die bekendste daarvoor dat hy sy seun Pelops aan die gode geoffer het. Hy het hom in stukke gesny, gekook en as kos vir die gode voorgesit. Hulle het egter daarvan geweet en dit nie geëet nie. Net Demeter, wat ontsteld was oor die verlies van haar dogter, Persephone, het nie besef wat dit was nie en het ’n stuk van die seun se skouer geëet. Clotho, een van die drie Skikgodinne, het die seun op Zeus se bevel weer lewend gemaak (sy het die dele bymekaargemaak en hulle in ’n heilige pot gekook). 'n Skouer van ivoor is deur Hefaistos gemaak en deur Demeter aan hom gegee. Poseidon het Pelops toe gevange geneem en na Olimpus gevat. Later het Zeus Pelops van Olimpus weggestuur weens sy woede jeens Tantalos.

Tantalos se straf vir sy daad was om in ’n poel onder ’n vrugteboom te staan. Sodra hy vrugte wou pluk om te eet, het die takke buite sy bereik geswaai; as hy wou water drink, het die water weggevloei.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Tantalus

Bronne

  • Apollodorus, Bibliotheke III, v, 6
  • Apollodorus, Epitome II,1-3
  • Ovidius, Metamorfoses IV, 458-9; VI, 172- 76 & 403-11.
  • Hyginus, Fabulae 82
  • Gantz, Timothy (1993). Early Greek Myth. Baltimore: Johns Hopkins University Press.
  • Graves, Robert (1960). The Greek Myths.
  • Kerenyi, Karl (1959). The Heroes of the Greeks. New York/Londen: Thames and Hudson.pp 57–61 et passim
  • Encyclopaedia Britannica 1911: "Tantalus"

Eksterne skakel

Tags:

Tantalos MitologieTantalos PelopsTantalos VerwysingsTantalos BronneTantalos Eksterne skakelTantalosGrieks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VleilandMielieEskomMuishondDataverwerkingWolkTasché BurgerPerdSirkelEwenaarSuid-Afrikaanse GrensoorlogSias ReineckeSeksuele penetrasieKoolhidraatEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKoos KombuisDie GelofteMiskruierLourensrivierBurgerregteBeeldspraakInternetArmoedeYsterWalt DisneyKlereElandréBreinvliesontstekingTobie CronjéPsigopatieBokmakierieKernkragMierleeuCorioliskragADesmond TutuLys van lande volgens bevolkingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureEreksieTwaalf Stamme van IsraelHoofstadWikimedia-stigtingCutt GlasDiepaartromboseJakobHemelvaartPornografieKoppeltekenAntisemitismeGNU-lisensie vir vrye dokumentasieHoofkarakterRenaissanceJan van TonderEkonomieDemokrasieBlaarAnale seksSpinnekopVerkragtingJavaScriptLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesLys van Afrikaanse skrywersSokkerDierCarike KeuzenkampRatelJohan BadenhorstVeeartsKoekie (rekenaarwetenskap)BynierVerstedelikingOntbossingKoringGeskiedenis van AfrikaansOrale seksInstagram🡆 More