Tannerskaal

Die Tannerskaal (ook bekend as die Tannerfases) is ’n skaal van die fisieke ontwikkeling in kinders, adolessente en volwassenes.

Die skaal definieer die fisieke mates van ontwikkeling geskoei op uitwendige primêre en sekondêre geslagseienskappe, soos die grootte van die borste en geslagsdele, volume van die testikels en die ontwikkeling van skaamhare. Die skaal is die eerste keer in 1969 deur die Britse pediater James Tanner gebruik ná ’n twee dekades lange studie oor die fisieke veranderings in meisies gedurende puberteit.

Tannerskaal
Tannerskaal

Vanweë verskille tussen mense, veral wat puberteit betref, beweeg hulle teen verskillende tempo's deur die fases. In MIV-behandeling word die Tannerskaal gebruik om te bepaal watter riglyne om by kinders en adolessente toe te pas vir antiretrovirale middels. Dit is ook al in forensiese ondersoeke gebruik om ouderdomme te bepaal, maar die gewildheid daarvan het afgeneem omdat dit nie betroubaar genoeg is nie.

Definisies van fases

Aangepas uit Adolescent Health Care: a practical guide deur Lawrence Neinstein, M.D.

Geslagsdele (mans)

Tannerskaal 
Illustrasie van die Tannerskaal vir mans.
    Tanner I
    Testikulêre volume minder as 1,5 ml; klein penis (voorpuberteit; gewoonlik 9 jaar en jonger)
    Tanner II
    Testikulêre volume tussen 1,6 en 6 ml; vel aan skrotum word dunner, rooi en groter; penislengte onveranderd (9-11)
    Tanner III
    Testikulêre volume tussen 6 en 12 ml; skrotum nog groter; penis begin langer word (11-12,5)
    Tanner IV
    Testikulêre volume tussen 12 en 20 ml; skrotum word nog groter en donkerder; penis word langer (12,5-14)
    Tanner V
    Testikulêre volume groter as 20 ml; volwasse skrotum en penis (14+)

Borste (vroue)

Tannerskaal 
Illustrasie van die Tannerskaal vir vroue.
Tannerskaal 
Borsontwikkeling gedurende puberteit word gemeet met die Tannerskaal van vyf stappe.
    Tanner I
    Geen klierweefsel: areola volg velkontoer van die bors (voorpuberteit; gewoonlik 10 jaar en jonger)
    Tanner II
    Telarg vorm, met klein gebied van omringende klierweefsel; areola begin wyer word (10-11,5)
    Tanner III
    Bors word meer verhewe en strek tot buite die grense van die areola, wat begin wyer word maar steeds borskontoer volg (11,5-13)
    Tanner IV
    Bors groter en hoër; areola en tepel staan uit van die kontoer van die omringende bors (13-15)
    Tanner V
    Bors bereik volwasse grootte; areola keer terug na die kontoer van die omringende bors, met ’n verhewe sentrale tepel. (15+)

Skaamhare (mans en vroue)

    Tanner I
    Geen skaamhare (voorpuberteit; gewoonlik 10 jaar en jonger)
    Tanner II
    Klein hoeveelheid lang, donserige hare met effense pigmentasie by die basis van die penis en skrotum of aan die labia majora (10-11,5)
    Tanner III
    Hare word growwer en krullerig en begin sydelings uitsteek (11,5-13)
    Tanner IV
    Volwasse-agtige hare; strek oor pubis, maar nie die middelbobene (13-15)
    Tanner V
    Hare strek tot die middeloppervlak van die bobene (15+)
    Lengte

Iewers tydens Tanner 5 hou vroue op met groei en bereik hulle volwasse lengte; dit gebeur gewoonlik in hulle middeltienerjare op 15-16 jaar. Mans hou ook op met groei en bereik hulle volwasse lengte iewers tydens Tanner 5; gewoonlik gebeur dit in hulle laattienerjare op 18-19 jaar.

Kritiek

Die skaal is deur die pornografiebedryf gekritiseer omdat dit tot vals aanklagte van kinderpornografie kan lei, soos die geval was met die porno-ster Lupe Fuentes. Fuentes het persoonlik by die verhoor opgedaag met dokumente om te bewys die vervaardiging van die betrokke DVD was wettig.

Tanner, die uitvinder van die klassifikasiestelsel, het gesê die gebruik van die skaal om ouderdom vas te stel is ’n misbruik daarvan. Tannerfases stem nie ooreen met chronologiese ouderdomme nie, maar eerder rypheidsfases, en kan dus nie gebruik word om ouderdom te raam nie.

Verwysings

Skakels

  • Tannerskaal  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Tannerskaal Definisies van fasesTannerskaal KritiekTannerskaal VerwysingsTannerskaal SkakelsTannerskaalBorsteGeslagsdeleSkaamhareTestikel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersPoesBernice WestHeidelberg, GautengSout (chemiese stof)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994NG gemeente JansenvilleSkuinsstreepPlantDemi Lee MooreSatellietWeskusSarel Jacob PretoriusMiltNarsistiese persoonlikheidsteuringDrakensbergeStedelike hitte-eilandMaatskappyItaliëGoogle MapsPerdLys van nedersettings in Suid-AfrikaDiarreeBybelOranjerivierBynierGesonde dieetSamestellingMagneetBurgerregteDataverwerkingYstervarkArmoedeverligtingHeuningbyEufemismeManie LibbokJavaScriptAbstraksie (rekenaarwetenskap)KunsKlimaatsverandering in AfrikaLionel PetersonRassisme in AfrikaSlangReg tot ‘n gesonde omgewingC. Louis LeipoldtInligtingSoutsuurSpreeuKimberleyGrondbewerkingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHerfsWetenskaplike klassifikasieLarry PageVoedingGevolge van aardverwarming op oseaneSonkragSonnestelselLangste woordEnkelvoudige sinDierLabia (geslagsdele)Team Fortress 2HemelBesemTelevisieKinderregteLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSeekoeiLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMierToerismeNierversakingSitrusVerenigde KoninkrykBeroerteOos-KaapNatuurbewaring🡆 More