Tanis: Antieke Egiptiese stad

Tanis (Egipties: Djanet, Arabies: صان الحجر) was ’n stad van Antieke Egipte.

Die ruïnes is geleë in die noordoostelike Nyldelta aan ’n tak van die Nyl wat lank reeds toegeslik het.

Geskiedenis

D
a
n
t Z1
mw
N36
N21
niwt
 
ofD
a
n
,
t niwt
Djanet (ḏˁn.t)
in hiërogliewe
Tanis
Tanis: Antieke Egiptiese stad 
Die ruïnes van Tanis.
Koördinate 30°58′37″N 31°52′48″O / 30.97694°N 31.88000°O / 30.97694; 31.88000 31°52′48″O / 30.97694°N 31.88000°O / 30.97694; 31.88000
Plaaslike naam  Djanet
صان الحجر
Land Egipte
Soort Nedersetting
Geskiedenis
Gestig 21ste Dinastie
of Nuwe Ryk
Tanis: Antieke Egiptiese stad 
’n Kaart van Benede-Egipte wat die ligging van Tanis aandui.

Tanis het in die Derde Oorgangstydperk saam met Thebe gedien as ’n godsdienstige sentrum. Die eerste argeologiese bewyse kom uit die 21ste Dinastie, maar baie geleerdes glo dit dateer uit die laat Nuwe Ryk. Die stad is waarskynlik gestig nadat ’n tak van die Nyl toegeslik het en die inwoners na ’n nuwe gebied aan ’n ander tak getrek het. Tanis het later bekend geword as "die Thebe van Benede-Egipte".

Dit was die tuisstad van onder andere Smendes, die stigter van die 21ste Dinastie. Tydens die 22ste Dinastie het Tanis die politieke hoofstad van Egipte gebly, hoewel daar altyd ander stede in Benede- en Bo-Egipte was wat die hoofstad van ander dinastieë was. Dit was ’n belangrike handels- en strategiese stad, maar in die 6de eeu n.C. het die Manzala-meer gedreig om dit te verswelg. Die inwoners het die stad toe verlaat en ’n nabygeleë stad, Tennis, gestig.

Ruïnes

Verskeie argeologiese uitgrawings is van die 19de eeu af by Tanis gedoen, onder andere deur Flinders Petrie en Auguste Mariette. In 1866 is die Verordening van Canopus op die terrein ontdek. Dit was soortgelyk aan die Rosettasteen en is net soos laasgenoemde geskryf in Egiptiese hiërogliewe, Demoties en Grieks. Dit het baie daartoe bygedra dat die antieke hiërogliewe ontsyfer kon word.

Daar is verskeie tempels, onder meer die hooftempel wat aan die god Amoen gewy is, en ’n baie belangrike dodeakker van die Derde Oorgangstydperk. Dit bevat die enigste farao-grafte wat nie in antieke tye geplunder is nie; ’n paar is in 1939 en 1940 ontdek met ’n skatkis van goud, juwele, edelstene en dodemaskers.

Die hoofgode van Tanis, wat die stad se triade gevorm het, was Amoen, sy vrou Moet en hul seun Chonsoe – dieselfde as die Thebaanse Triade.

Eksterne skakels

Tags:

Antieke EgipteArabiesEgiptiesNylNyldelta

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HamburgerJoodse kalenderDuitse maselsWiskundige terminologieElandréXhosaLiewe HeksieVergelykings (taalkunde)Kasteel die Goeie HoopGrondsoorteOlimpiese Somerspele 2012NiersteenGeweldKatjieEiffeltoringLuiperdNarsistiese persoonlikheidsteuringGlasByvoeglike naamwoordGeboorteWeer (meteorologie)Verenigde State van AmerikaWaterpokkiesHernubare energieSwawelKolitisAdolessensieGoogle TranslateBronadresSwartkwasmuishondGeletterdheidVulkaanIndustriële RevolusieRooilipslangSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994SirkelArmoedeverligtingNarsismeProksemikaHandré PollardLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLys van nedersettings in Suid-AfrikaJagluiperdWhatsAppSuid-Afrikaanse ReserwebankGoogleVennootskap22 NovemberGeldSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Mikro-ekonomieMenseregtedagE-posChroniese siekteLugbesoedelingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Vaginale kankerOnderwysAnrich HerbstHemelvaartsdagWes-KaapSelfoonChristiaan Frederik BeyersKrugerwildtuinBybelKondensasiePlantAnneli van RooyenUniegebouVerkragtingGeslagStedelike hitte-eilandStereotipeVlinderHandwoordeboek van die Afrikaanse Taal🡆 More