Tandepasta

Tandepasta is 'n pasta of gel wat saam met 'n tandeborsel gebruik word om 'n mens se tande skoon te maak en die estetika en gesondheid daarvan in stand te hou.

Die gebruik van tandepasta bevorder mondhigiëne: dit dien as 'n skuurmiddel wat behulpsaam is met die verwydering van die plaak en kosreste van die tande, help met die onderdrukking van halitose, en verskaf aktiewe bestanddele (mees algemeen fluoried) wat tandbederf en tandvleisontsteking verminder. Sout en natriumbikarbonaat (koeksoda) is twee stowwe wat kommersiële tandepasta kan vervang. Tandepasta is nie bedoel om ingesluk te word nie, as gevolg van die fluoriedinhoud daarvan, maar is gewoonlik nie skadelik indien per ongeluk ingesluk word in klein hoeveelhede nie. 'n Mens moet egter mediese hulp bekom indien abnormale groot hoeveelhede ingesluk is.

Tandepasta
Tandepasta uit 'n buis wat op 'n tandeborsel aangewend word.

Bestanddele

Bykomend tot die 20-42% water, is tandepasta saamgestel uit 'n verskeidenheid komponente, die drie belangrikste is skuur- en skoonmaakmiddels en fluoried.

Fluoried

Fluoried in verskeie vorme is die gewildste aktiewe bestanddeel in tandepasta om gaatjies te verhoed. Fluoried kom in klein hoeveelhede in plante, diere, en 'n paar natuurlike waterbronne voor. Die bykomende fluoried in tandepasta het 'n positiewe uitwerking op die vorming van tandemalje en bene. Natriumfluoried (NaF) is die mees algemene bron van fluoried, maar tin(II)fluoried (SnF2), olafluoor ('n organiese sout van fluoried), en natriummonofluorofosfaat (Na2PO -3F) word ook gebruik. Daar is bewys dat tin(II)fluoried meer effektief is as natriumfluoried in die voorkoming van tandbederf en die beheer van tandvleisontsteking, maar dit veroorsaak 'n bietjie meer oppervlakvlekke.

Oppervlak-aktiewe stowwe

Die meeste, maar nie alle, tandepasta bevat natriumlaurielsulfaat (SLS) of verwante oppervlak-aktiewe stowwe (skoonmaakmiddels). SLS word in baie ander persoonlike sorgprodukte gevind, so ook in sjampoe, en is hoofsaaklik 'n skuimmiddel, wat deur die eenvormige verspreiding van die tandepasta sy reinigingskrag verbeter.

Antibakteriële middels

Triklosaan, 'n antibakteriese stof, is 'n algemene tandepastabestanddeel in die Verenigde Koninkryk. Triklosaan of sinkchloried voorkom tandvleisontsteking en, volgens die Amerikaanse Tandheelkundige Vereniging, help dit om tandsteen en slegte asem te verminder. 'n Oorsig van kliniese navorsing wat in 2006 gedoen is, het tot die gevolgtrekking gekom dat daar bewyse is dat 0.30% triklosaan doeltreffend is in die vermindering van plaak en tandvleisontsteking.

Geurmiddels

Tandepasta word in 'n verskeidenheid van kleure en geure bemark, wat bedoel is om die gebruik van die produk aan te moedig. Die drie algemeenste geure is peperment, mint en wintergroen. Tandepasta gegeur met peperment-anysolie is baie gewild in die Middellandse Seestreek. Hierdie geure word verskaf deur die onderskeie olies, bv. pepermentolie. Meer eksotiese geure sluit in anys, appelkoos, kougom, kaneel, vinkel, laventel, gemmer, vanielje, suurlemoen, lemoen, en denne. Alternatiewelik kan ongegeurde tandepasta gekoop word.

Tandepasta 
Tandepasta word in vele handelsmerke verkoop.

Lys van tandepasta handelsmerke

  • Aquafresh: beskikbaar sedert 1973, en word vervaardig deur GlaxoSmithKline.
  • Close-Up: bemark deur Unilever, dit is beskikbaar sedert 1967 en was die eerste gel tandepasta in die wêreld.
  • Colgate: bemark deur Colgate-Palmolive, dit is die eerste tandepasta in 'n opvoubare buisie, bekendgestel in 1896, nadat dit verkoop is in glaspotte sedert 1873.
  • Oral-B: a handelsmerk van Procter & Gamble maatskappy. Oral-B is 'n Amerikaanse handelsmerk van mondhigiene produkte, insluitende tandepasta, tandeborsels, elektriese tandeborsels, en mondspoelmiddels. Dit word besit deur die Amerkikaanse multinasionale maatskappy Procter & Gamble (P&G) sedert 2006.
  • Pepsodent: 'n handelmerk met 'n mint geur afgelei van sassafras. Dit word geadverteer vir sy beweerde veg van tandverval, toegeskryf in advertensies aan die veronderstelde bestanddeel Iri.
  • Sensodyne: 'n handelsmerk deur GlaxoSmithKline, bemark vir mense met sensitiewe tande.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Tandepasta BestanddeleTandepasta Lys van tandepasta handelsmerkeTandepasta Sien ookTandepasta VerwysingsTandepastaFluoriedTandbederfTandplaak

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van Suid-AfrikaRosa ParksBTWWiki CommonsSeekoeiJan-Willem BreureWerkwoordHemelvaartsdagKapitalismeAanval op Pearl HarborDemokratiese Republiek die KongoVierhoekSimboolAppel (sanger)ApartheidSoogdierOrganisasie sonder winsoogmerkWêreld- Ekonomiese ForumGeskiedenis (vakgebied)SatellietMigrasie van voëlsVioolHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSeksuele penetrasieBreedtegraadMierAkteurAkademiaNiersteenOngeprosesseerde kosVerantwoordelikheidLys van landeVormHokkieTwaalf Stamme van IsraelDavid KramerVolstruisVoedselkettingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KindermishandelingBeeldspraakTierSchwantesiaFort BeaufortMosambiekSomerKaliforniëSokkerGeografie van Suid-AfrikaLidwoordFrankrykSonnestelselGeelhoutYsterNarsismeKweekhuiseffekFiela se kindKonsentrasiekampAlliterasieKlimaatsverandering in AfrikaJeuksiekteKatRob HersovLys van nedersettings in Suid-AfrikaGriepYouTubeVulkaanOranjerivierAfrikaansVisMisdaadKasterolieTweede Nuwe JaarBaälPornografiese subgenres🡆 More