Die Talmoed (Hebreeus: תַּלְמוּד, talmūd, letterlik: onderwysing, studie; afgelei van die werkwoord lamád, למד, om te leer) is naas die Tanag (die Ou Testament vir die Christene) die belangrikste boek in Judaïsme.
Dit bevat die kommentare van belangrike rabbyne en ander skrifgeleerdes op die Tora, veral in die vorm van besprekings tussen voor- en teenstanders van ’n bepaalde standpunt. Hierdie aanvanklik mondelinge tradisie van die tyd van Moses af, het gegroei tot ’n uiters uitgebreide versameling van moontlike uitlegte, verklarings, wetspresedente, anekdotes, legendes en mites.
Die eerste volledige gedrukte Talmoed-uitgawe is die Bomberg-uitgawe (Venesië, 1520–1523) voorsien met die kommentare van Raw Sjloma Jitzgaki (Rasji, 1040–1105) en dié van die Tossafiste (Talmoed-geleerdes uit die 12de en 13de eeu in Frankryk en Duitsland). Hierdie uitgawe bevat 2947 blaaie, elkeen met 'n voor- (alef, א) en agterkant (bet, ב), dus amper 6000 bladsye. Die paginering van die Bomberg-uitgawe is deur alle latere uitgawes oorgeneem. In die middel van elke Talmoed-bladsy verskyn die Misjna- en/of Ghemara-teks omring deur die Rasji- en Tossafiste-kommentare. Vanweë sy omvang word die Talmoed as 'n reeks boeke uitgegee.
Die twee hoofbestaanddele van die Talmoed is:
’n Onderskeid word getref tussen die Babiloniese Talmoed (תַּלְמוּד בַּבְלִי, Talmoed Bawlie) en die Jerusalemse Talmoed (תַּלְמוּד יְרוּשָׁלְמִי, Talmoed Jeroesjalmie). Hoewel albei dieselfde Misjna as kern het, verskil die Ghemarot.
Die manier waarop besprekings in die Talmoed voorkom, is kenmerkend van Judaïsme: leer deur bespreking. In die sinagoges en leerskole van veral Ortodokse Jode vind hewige besprekings steeds plaas oor die vele moontlike vertolkings van die Talmoed.
Ortodokse Jode volg ook dikwels die Daf Jomi (דף יומי, "die daaglikse blad"). Een blad van die Talmoed word elke dag gelees sodat die hele Talmoed in 2 711 dae (7,5 jaar) behandel word.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Talmoed, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.