Namibië het ’n wye verskeidenheid tale van verskeie taalfamilies: Germaanse, Bantoe- en verskeie Khoisantaalfamilies.
Toe Namibië as Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer was, was Afrikaans, Duits en Engels die amptelike tale. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 het Engels kragtens die grondwet die enigste amptelike taal geword. Duits en Afrikaans is deur baie as oorblyfsels van kolonialisme beskou.
Die tale wat in die meeste huise in Namibië gepraat word, is Oshiwambo-dialekte, deur 49% van die bevolking, Damara (11%), Afrikaans (10%), Kawango (9%) en Herero (9%). Ander inheemse tale sluit in die Bantoetale Tswana, Gciriku, Fwe, Kuhane, Mbukushu en Yeyi; en die Khoisantale Naro, ǃXóõ, Kung-Ekoka en ǂKxʼauǁʼein. Engels, die amptelike taal, word deur 3% van die bevolking as moedertaal gepraat. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans, 32% Duits, 7% Engels en 1% Portugees.
Inheemse tale word op laerskoolvlak in sillabusse ingesluit. In staatskole is Engels die onderrigtaal. Afrikaans is die enigste taal wat na aan ’n lingua franca kom en word deur die meeste swart mense gepraat tesame met Engels en hul moedertaal.
Taalgroep | Taal/Tale | ISO-kode | Moedertaalsprekers (in Namibië) | Huishoudings met hooftaal | Verspreiding as 'n moedertaal (2011) | Status |
---|---|---|---|---|---|---|
Niger-Kongo-tale (Bantoetale) | ||||||
Oshiwambo | Oshikwanyama (insluitende Oshimbalanhu) | kua (lnb) | 1 035 373 (49%) | 227 103 (48,9%) | Nasionale taal | |
Oshindonga (insluitende Oshikwambi) | ndo (kwm) | Nasionale taal | ||||
Otjiherero | Herero (insluitende Otjihimba) | her (dhm) | ~150 000–200 000 | 40 000 (8,6%) | Nasionale taal | |
Lozi | Lozi (insluitende Cisubiya Chifwe Shiyeyi Chitotela) | loz (sbs) (fwe) (yey) | >100 000 | 22 484 (4,8%) | Nasionale taal | |
Tswana | Tswana | tsn | ~12 000 | 1 328 (0,3%) | Nasionale taal | |
Kawango | Kwangali | bnt | 180 000 | 39 566 (8,5%) | Nasionale taal | |
Indo-Europese tale (Wes-Germaanse tale) | ||||||
Afrikaans | Afrikaans | afr | 219 753 (10,4%) | 48 238 (10,4%) | Nasionale taal | |
Duits | Duits | deu | ~19 500 (0,9%) | 4 359 (0,9%) | Nasionale taal | |
Engels | Engels | eng | 71 842 (3,4%) | 15 912 (3,4%) | Amptelike taal | |
Khoisan-tale | ||||||
Khoekhoegowab | Khoekhoegowab (insluitende Nama Damara Haiǁom Topnaar) | (naq) (dam) (hgm) (top) | 238 769 (11,3%) | 52 450 (11,3%) | Nama en Damara: Nasionale tale | |
San-tale | ǃKung (insluitende Juǀ’hoan ǃ'O-ǃKhung ǃXung, ǂKx'auǁein Ju-ǂHõã) | vaj (ktz) (knw) | 3 745 (0,8%) | |||
Kxoe | ||||||
Naro | nhr | |||||
ǃXóõ | nmn |
Hooftaal | 2001 | 2011 |
---|---|---|
Oshiwambo | 48,5 | 48,9 |
Khoi/Nama/Damara | 11,5 | 11,3 |
Afrikaans | 11,4 | 10,4 |
Herero | 7,9 | 8,6 |
Kawango | 9,7 | 8,5 |
Lozi | 5 | 4,8 |
Engels | 1,9 | 3,4 |
Duits | 1,1 | 0,9 |
San | 1,2 | 0,8 |
Ander | 1,8 | 2,4 |
Bron: 2001-sensus en 2011-sensus
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tale van Namibië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.