Takbir

Die term Takbir (Arabies: تَكْبِير, ) verwys na die Arabiese frase Allahoe Akbar (الله أكبر) wat algemeen as God is Groot vertaal word.

Dit is 'n algemene Arabiese uitdrukking in Islam en word deur Moslems in verskeie samehange gebruik; tydens elke dag se vyf gebede (salaah), die roep tot gebed (adhān), as 'n informele uitdrukking van gelowigheid, in tye van nood of vreugde, of om vasberadenheid of verset uit te druk.

Takbir
Die Takbir "Allahoe Akbar" geskryf in die Arabiese alfabet saam met die Engelse vertaling
Takbir
Die Takbir "Allahoe Akbar" geskryf in die Koefiese skrif van die Koran
Takbir
'n Moslem lig beide hande om die Takbir tydens die salaahgebed te resiteer

Die vorm Allāhu is die nominatief van Allah en verwys na God. In die Islamitiese konteks is dit die eienaam van die Abrahamitiese God. Die vorm akbar is die elatief van die adjektief kabīr, wat "groot" beteken, afgelei van die Semitiese wortel k-b-r. In die konteks van Takbīr word dit dikwels as "grootste" vertaal, maar ander skrywers verkies "groter". Die frase word dikwels minder akkuraat as Allah akbar vertaal. Die term Takbīr op sy eie is die stem II verbale naamwoord (tafʿīlun) van die Semitiese wortel k-b-r, wat "groot" beteken, waarvan akbar ("groter") afgelei is.

In die nie-Islamitiese wêreld, waarvan veral Westerse lande, is die frase veral weens sy algemene gebruik tydens Islamistiese phrase optogte, en as 'n oorlogskreet in Islamitiese ekstremisme en Islamitiese terrorisme bekend. In werklikheid word die uitdrukking egter in die alledaagse lewe op verskillende geleenthede deur sowel Moslems asook Arabiessprekende Christene en Jode gebruik, soos om algemene vreugde uit te spreek.

Gebed

Tydens die roep tot gebed (Adhān) deur die muezzin volg op die viermalige Takbirresitasie die twee dele van die Sjahada, voorafgegaan deur (wa) ašhadu ʾan أشهد أن "Ek getuig, dat...", twee keer elk.

Tydens die fees Eid-oel-Adha en die dae wat dit voorafgaan resiteer Moslems die Takbir. Dit is veral op die Dag van Arafah die geval.

Vlae met die Takbir op

Die Takbir word op die vlae van die drie Islamitiese lande Afghanistan (saam met die Sjahada), Irak (sentraal in die wit baan) en Iran (22 keer bo en onder die wit baan) vertoon.

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) The Encyclopaedia of Islam. New Edition. Leiden, Brill. Band 10, bl. 119.

Eksterne skakels

Tags:

Takbir GebedTakbir Vlae met die opTakbir VerwysingsTakbir Verdere leesstofTakbir Eksterne skakelsTakbirArabiesMoslemSalaah

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van veltoestandeGordelroosRepubliek van Zoid AfrikaVlag van Suid-AfrikaSharpeville-slagtingMelaatsheidBynierTobie CronjéMaagdelikheidNelson MandelaAntjie KrogElektrisiteitsvoorsieningWielewaalRob HersovNasiebouWater (molekuul)BuffelTsoenamiOnderwerp (taalkunde)NamakwalandSkaakPerdebyeMantisSonsteekBruin menseSebraPomeloHeidelberg, GautengLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandJaarTafelbergGenadedoodMierLys van medisinale kruieEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaAarde se atmosfeerRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPsigopatieRobbie WesselsGeslagsregister vanaf Adam tot JesusPapierVulvaStaatstoelaeMisdaadromanMusieksimboleMis (weerkunde)KinderregtePoesKrugerwildtuinSeeVakbondLika BerningTierChristendomKlimaatsverandering in Suid-AfrikaPretoriaLys van landeBeurtkragKlimaatVerfWet op Bantoe-onderwysSteve HofmeyrKaren MeiringMaagsweerRefentse MorakeVerkragtingBalletRuslandTegnologieMikro-ekonomieCovid-19-pandemieHemelBesemCarike KeuzenkampLeon KrugerTennis🡆 More