Ted

TED, 'n afkorting vir Technology, Entertainment, Design, is 'n Amerikaanse privaatstigting sonder winsbejag.

Die stigting hou elke jaar vier-dag lange konferensies in Amerika, Europa en Asië, waartydens talle sprekers mense inlig en vermaak deur 'n lesing oor 'n spesifieke onderwerp.

Ted
Die stigting se kenteken en leuse
Ted
Chris Anderson tydens 'n aanbieding in 2007.
Ted
Bill Gates open 'n fles met vuurvliegies tydens die 2010-konferensie.

Die eerste konferensie is in 1984 as 'n eenmalige gebeurtenis gehou, maar vind sedert 1990 jaarliks plaas. Die doel van die konferensie is om mense 'n podium te gee waarvandaan hulle ander kan oortuig van hulle visies of nuwe idees – vandaar die stigting se leuse: ideas worth spreading. Die vroeë konferensies, wat slegs in Amerika gehou is, het op tegnologie en ontwerp gefokus, maar soos die gewildheid van die lesings toegeneem het, het die verskeidenheid onderwerpe ook toegeneem en vandag word byna alle aspekte van wetenskap en kultuur verteenwoordig. Bekende TED-sprekers in die verlede was onder andere Bill Clinton, Al Gore, Gordon Brown, Richard Dawkins, Bill Gates, die stigters van Google en verskeie Nobelpryswenners. Video's van byna alle lesings word op die stigting se webwerf en ook ander webwerwe beskikbaar gestel vir die algemene publiek.

Van 2005 tot 2009 het die stigting elke jaar drie geldpryse aan wenners geskenk, met die doel om hulle "wens om die wêreld te verander" te help realiseer. Sedert 2010 word slegs een wenner gekies, in 'n poging om te verseker dat die gekose "wens" 'n werklikheid kan word. Die wenner se wens word op die jaarlikse hoofkonferensie bekendgemaak, in 'n toespraak wat nie langer as 18 minute mag duur nie.

Die inhoud van die lesings word só aangebied dat dit vir die leek toeganklik is; die lesings is nie bedoel om bloot teoretiese kennis oor te dra nie, maar ook om begrip en bewussyn te kweek.

Eksterne skakels

  • www.ted.com, bevat video's van die lesings van afgelope konferensies.

Tags:

AmerikaAsiëEuropa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeekatVurkhyserMenslike skeletKroonblaarYsbeerGesondheidSelfbevorderingKulturele DiversiteitNiersteenIngenieursweseGeografiese inligtingstelselAfleiding (taalkunde)Mark (ekonomie)Nuwe TestamentSpinnekopBosveldvisvangerSlakNedersettingNylrivierInsekKasteel die Goeie HoopAfrikaDiarreeAlice, Oos-KaapNatuurlike hulpbron640Reële getalGereedskapWalvisKolonialismeLiefdeAksynsbelastingVulvaJohannes MeintjesAssonansieKunselementeNadine BlomMoslemElektroniese fondsoordragWapen van NamibiëVormStuifmeelGlukoseGholfJudaïsmeSelfstandige naamwoordDriedimensioneelSavanneDwelmmiddelVoegwoordAkkedisGrasveldPikkewynRob HersovSavanne-olifantAdolessensieNkosi Sikelel' iAfrikaSuid-Afrikaanse pondDagbreek (koshuis)GemeenskapsorganisasieGrondwet van Suid-AfrikaMaanVolstruisWaterbesoedelingGemeenskapNieu-SeelandKunsmisSeksuele identiteitFebruarieCovid-19-pandemiePersReddingskakeReënspinnekopKoue Oorlog🡆 More