Sydney Brenner

Sydney Brenner (13 Januarie 1927 – 5 April 2019) was 'n Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog en Nobelpryswenner.

In 2002 wen hy die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde saam met H. Robert Horvitz en John Sulston vir hul ontdekkings oor die genetiese regulering van orgaan-ontwikkeling en geprogrammeerde seldood.

Sydney Brenner
Sydney Brenner
Sydney Brenner in 2008

Gebore (1927-01-13)13 Januarie 1927
Germiston, Suid-Afrika
Oorlede 5 April 2019 (op 92)
Singapoer
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vakgebied Biologie, geneeskunde
Instelling(s) Universiteit van die Witwatersrand
Universiteit van Cambridge
Universiteit van Kalifornië, Berkeley
Molecular Sciences Institute
Scripps Research Institute
Salk Institute for Biological Studies
Howard Hughes Medical Institute
Laboratory of Molecular Biology
Okinawa Institute of Science and Technology
Alma mater Universiteit van die Witwatersrand (MSc, MBBCh)
Universiteit van Oxford (DPhil)
Doktorale promotor(s) Cyril Hinshelwood
Doktorale student(e) Gerald M. Rubin
John G. White
Bekend vir Genetika van Caenorhabditis elegans
Beïnvloed deur Fred Sanger
Toekennings EMBO-lidmaatskap (1964)
FRS (1965)
William Bate Hardy-prys (1969)
Albert Lasker Mediese Navorsingsraad-toekenning (1971)
Royal Medal (1974)
Gairdner Foundation Internasionale Toekenning (1978)
Krebs-medalje (1980)
Rosenstiel-toekenning (1986)
Harvey-prys (1987)
Genetics Society of America Medal (1987)
Kioto-prys (1990)
Copley-medalje (1991)
Gairdner Foundation Internasionale Toekenning (1991)
Koning Faisal Internasionale Prys in Medisyne (1992)
Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (2002)
Dan David-prys (2002)

Lewensloop

Sydney Brenner 
Sydney Brenner (tweede van regs) saam met E. Lederberg, G. Stent en J. Lederberg in 1965

Brenner is op 13 Januarie 1927 as die seun van Joodse immigrante in Germiston gebore. Sy pa (Morris Brenner) kom in 1910 uit Litaue, en sy ma (Lena Blacher) in 1922 uit Letland in Suid-Afrika aan. Brenner is aan die Germiston Hoërskool en die Universiteit van die Witwatersrand opgelei. Vervolgens voltooi hy sy PhD aan die Exeter College in Oxford. In 1953 was hy saam met Dorothy Hodgkin, Leslie Orgel, Jack Dunitz en Beryl Oughton van die eerste mense om 'n model van die struktuur van DNS te sien, wat deur Francis Crick en James Watson geskep is. Op daai oomblik was hy by die fakulteit skeikunde van die Universiteit van Oxford werksaam. Brenner werk later met Crick in die Cavendish-laboratorium, asook by die Laboratorium van Molekulêre Biologie in Cambridge.

Werk

Brenner maak in die 1960's fundamentele ontdekkings op die gebied van molekulêre biologie, wat toe opgang beleef. So was hy by die identifikasie van boodskapper-RNS (mRNA, messenger RNA) betrokke, en ontdek hy en Crick "frameshift"-mutasies in 1961. Die navorsing gee al deels insig in die genetiese kode. Brenner fokus vervolgens op die gebruik van rondewurms (Caenorhabditis elegans) as 'n modelorganisme om die ontwikkeling van diere te ondersoek. Brenner kies hierdie 1 millimeter lang, deursigtige wurmpies omdat dit vir genetiese analise geskik is, en vinnig in groot hoeveelhede geteel kan word. Die titel van sy Nobeltoespraak, "Nature's Gift to Science", is 'n verwysing na hierdie wurms.

In 1996 stig hy Berkeley se Instituut vir Molekulêre Wetenskappe en word in 2000 'n Distinguished Research Professor aan die Salk-instituut vir Biologiese Studies. Hy verbind hom aan die Institute of Molecular and Cell Biology in Singapoer, die Okinawa Institute of Science and Technology, die Janelia Farm Research Campus en die Howard Hughes Medical Institute. Hy is ook lid van die Raad van Wetenskaplike Bestuur aan die The Scripps Research Institute. Brenner het vir jare lank artikels vir die tydskrif Current Biology geskryf.

Op 11 Oktober 2006 wen Brenner A*STAR (Agency for Science, Technology and Research) se Nasionale Wetenskap en Tegnologie-medalje in Singapoer. Hy is op 5 April 2019 in Singapoer, op die ouderdom van 92, oorlede.

Publikasies

  • (en) Loose End: Collection of Loose Ends/False Starts columns by 'Uncle Syd.' from January 1994 to December 2000 (Current Biology, 1997) ISBN 1-85922-325-7.
  • (en) My Life in Science, with Lewis Wolpert, edited by Errol C. Friedberg and Eleanor Lawrence, BioMed Central 2001, 199pp ISBN 0-9540278-0-9
  • (en) Friedberg, Errol 2010. Sydney Brenner: a biography. CSHL Press. ISBN 0-87969-947-7

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sydney Brenner LewensloopSydney Brenner WerkSydney Brenner PublikasiesSydney Brenner VerwysingsSydney Brenner Eksterne skakelsSydney BrennerMolekulêre biologieNobelprysNobelprys vir Fisiologie of GeneeskundeSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Woordeboek van die Afrikaanse TaalGeelhoutBybelNeurenberg-verhoreAfrikaansRooibokJan van TonderBurgerregteFiksieWolfGewasboerdery in Suid-AfrikaVoornaamwoordAlkoholismeLeeudoringstad-spoorwegrampLodewyk XVI van FrankrykVerenigde State van AmerikaAnti-inflammatoriese middelDierNamakwalandLidwoordSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994DrakensbergeStudievaardighedeDermpoliepNatuurbewaringWoudKolonoskopieWêreld- Ekonomiese ForumMynbedryf van Suid-AfrikaGalblaasAustraliëWortelKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSpysverteringstelselNeerslagAborsieVoëlRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WhatsAppInternetKrokodilSeksuele opwekkingAardverwarmingBrandmondsindroomVoorsetselCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaDruiweVroueregteOntbossingLabia (geslagsdele)BynierGlobaliseringMoslemAardkorsWikiquoteAsemhalingSlag van BloedrivierSoogdierWikimedia-stigtingSelfvertroueCovid-19-pandemieImmunologieMuskietKrampGenitale vratSwartkwasmuishondSosiale mediaKrygkorVakbondKappie (skryfteken)KartografieFinansiële staatErosietipesLiewe HeksieSeevlakstygingEskomArmoede🡆 More