Die Swartstert-dikkop (Ptereleotris heteroptera) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Spot-tail dartfish.
Swartstert-dikkop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ptereleotris |
Spesie: | P. heteroptera |
Binomiale naam | |
Ptereleotris heteroptera (Bleeker, 1855) |
Die vis word tot 12 cm lank en is lank en skraal. Die lyf is lig blou-grys met 'n swart kol op die geel stertvin. Daar is 'n iriserende blou ring om die oë.
Hulle leef in tropiese strandmere en koraalriwwe in water wat 7 tot 46m diep is. Die vis is gewoonlik alleenlopers maar leef ook in pare of groepe saam. Hulle verkies sand en klipperige bodems waar hulle gewoonlik net bo die bodem rond beweeg naby hulle skuiling. Die visse vreet soöplankton. Die visse is sku en gaan vinnig veiligheid soek in hul skuiling sodra hulle genader word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Swartstert-dikkop, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.