Swart Op Wit

Swart op wit is die Afrikaanse skrywer, Annelie Botes se twaalfde titel.

“My dinkgoed het deurmekaar geraak,” sê sy.

’n Aantal jaar gelede het ’n mediastorm om dié Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was ’n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy kén, swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Sy doen dit vir haar kinders en hulle kinders se kinders. “Want niemand op aarde wil spoorloos die langleer klim nie,” sê sy.

Tussenin lees ons ook hoe die tóé al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriël aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg dié twee saam.

Moeiteloos glip sy tussen kontrasterende stories: jongliefde, oumensliefde, tye toe die liefde ontbreek het. Soms lag sy uit haar agterkeel oor Basjan-kat wat sy gebied op haar skoot gemerk het, ander kere sak sy gebroke op haar knieë neer oor Jabu se rooi baadjie ...

“Ek sukkel met die lewe,” sê sy, “niks kom ooit vir my maklik nie. Maar ek hou nooit op om te probeer nie. Die jimmele weet...”

Die boek word deur Naledi uitgegee en is ook in e-formaat beskikbaar (ISBN 978-0-9921764-6-4).

Eksterne skakels

Tags:

Annelie Botes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DruiweMaatskaplike verantwoordelikheidPenisErosieVierkantswortelOogproblemeZack du PlessisByvoeglike naamwoordProteaGedigKolorektale kankerPersoonlike voornaamwoordJan van TonderSinoniemBipolêre gemoedsteuringStaalOnse VaderEkonomiePeriodieke tabelSportJaarKrokodilDesmond TutuWeerfrontDroogteCounter-Strike 2SmaakDoelwitKommunismeMiltLys van kleureGesonde dieetDemi Lee MooreWerkersdagLys van Afrikaanse rolprenteHoenderDie Laaste Avondmaal (Leonardo)CalviniaSeksuele opwekkingGawes van die Heilige GeesNarsistiese persoonlikheidsteuringCristiano RonaldoWaterkringloopVoortrekkermonumentGetalSlawernyLetterkundeAngina pectorisGianna MichaelsLys van Afrikaanse skrywersRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SwartSirkelSprokieVakbondGroot GatTradisionele literatuurWêreldwye webTerracottaleërBateDansVroueregteNatuurlike hulpbronDesimale breukeLys van elemente volgens simboolWes-KaapRosa ParksDemokratiese Republiek die KongoMaroela MediaMenseregteSonMisdaadromanDroomMenseregtedagWithaaiLeeuSwangerskapGewasboerdery in Suid-Afrika🡆 More